Openbaring 21
21
1Ek het nuwe hemele en ’n nuwe aarde gesien, want die vorige hemele en die vorige aarde het weggegaan en die see was nie meer nie Yes 65:17-19; 66:22
2en ek het die afgesonderde stad, nuwe Yerushalayim, sien afkom vanaf langs God uit die hemel, voorberei as ’n bruid wat vir haar man versier is
3en ek het ’n harde stem uit die hemel hoor sê: “Let op, die tabernakel van God is by die mense en Hy bly by hulle Z'kh 2:9 en hulle sal Sy volk wees en God self is by hulle en sal vir hulle God wees. Lev 26:11-12; Yes 8:8,10; Yir 31:33; Yeg 37:27; 43:7; 2 Kro 6:18
4Hy sal elke traan van hulle oë afvee en die dood sal van nou af nie meer wees nie; ook sal daar nie meer rou, uitroepe en siektes wees nie, Yes 25:8 as gevolg van Hom.”
5Ek het geloop en Hy wat op die troon sit, sê vir my: “Let op, Ek maak alles nuut.” Hy het ook vir my gesê: “Skryf, hierdie boodskap is waar en vertrouenswaardig.”
6Hy het ook vir my gesê: “Ek is die Alef en die Tau, die Oorsprong en die Afhandeling. Aan dié wat dors is, Ps 36:9, 10; Spr 13:14; 14:27; Yog 4:10 sal Ek, sonder koste, gee vanuit die fontein van die water van die lewe. Yes 55:1; Mat 10:8; 2 Kor 11:7; Open 22:17
7Hy wat die oorwinning behaal, sal hierdie dinge erf en Ek sal vir hom ’n God wees en hy sal vir My ’n seun wees, Gen 17:7; Eks 6:7; Lev 26:12; Yir 7:23; Yeg 21:10; Open 12:17
8maar die wat vrees het, die wat nie vertrou nie, die bose, die wat besoedel is, moordenaars, towenaars, seksuele oortreders, afgodaanbidders en alle leuenaars, se deel is in die meer, wat met vuur en swael brand, wat die tweede dood is.”
9Een van die sewe boodskappers wat die sewe flesse vol van die sewe laaste plae gehad het, het gekom en met my gepraat en gesê: “Kom, ek sal jou die bruid wys, die vrou van die Lam.” Yeg 40-48
10Hy het my in die gees gedra na ’n groot, hoë berg en vir my die stad gewys, die afgesonderde Yerushalayim, wat uit die hemel vanaf die Teenwoordigheid van God afkom.
11Dit het die Gemanifesteerde Teenwoordigheid van God gehad en sy lig was soos edelstene, rooi-kwarts-jaspis, wat lyk soos ’n kristal.
12Dit het ook ’n groot, hoë muur met twaalf poorte gehad en by die poorte twaalf boodskappers en hulle name is geskryf, die name van die twaalf stamme van Yisra’el.
13Aan die oostekant was daar drie poorte, aan die noordekant drie poorte, aan die suidekant drie poorte en aan die westekant drie poorte Yeg 48:31-34
14en die muur van die stad het twaalf fondamente gehad en daarop was die name van die twaalf afgevaardigdes van die Seun.
15Hy wat met my gepraat het, het ’n goue meetriet gehad, om die stad en sy muur te meet
16en die stad het in ’n vierkant gelê en sy lengte was net so groot soos sy breedte. Hy het die stad met die riet gemeet op twaalf duisend stadia; sy lengte en breedte en hoogte was dieselfde.
17Hy het sy muur gemeet op een honderd vier en veertig el (65 meter), volgens ’n mens se maat, wat die maat is wat die boodskapper gebruik het.
18Die muur is met kwarts-jaspis gebou en die stad van suiwer goud, wat lyk soos suiwer glas
19en die fondasie van die muur van die stad is versier met edelgesteentes. Die eerste fondasie is rooi-blou-geel-jaspis-kwarts, die tweede saffier, die derde wit-kalsedoon, die vierde smarag,
20die vyfde rooi en wit sardius en gestreepte oniks, die sesde rooi en wit sardius, die sewende klip van goud, die agtste beril, die negende topaas, die tiende groen-goud krisopraas, die elfde donkerblou hiasint en die twaalfde ametís.
21Die twaalf poorte was twaalf pêrels; elkeen van die poorte is gemaak uit een pêrel en die straat van die stad is suiwer goud, asof daar glas in is
22en ek het nie die tempel daarin gesien nie, want יהוה-God, wat alles vashou, is sy tempel. Heb 9:11
23Vir die stad en die Lam is die son of die maan nie nodig om te skyn nie, want die Gemanifesteerde Teenwoordigheid van God verlig dit en die Lam is sy lamp
24en die nasies leef in Sy lig en die konings van die aarde bring eer, lof en grootheid aan die stad.
25Sy poorte sal nooit bedags gesluit word nie, want daar sal nie nag wees nie.
26Hulle sal die eer, lof en grootheid van die nasies vir die stad bring
27en daar sal geen onreine, of iemand wat besoedel is en leuens vertel, ingaan nie, maar net dié wat opgeskryf is in die boekrol van die Lam. Efe 2:19
Tans Gekies:
Openbaring 21: PWL
Kleurmerk
Kopieer
Vergelyk
Deel
Wil jy jou kleurmerke oor al jou toestelle gestoor hê? Teken in of teken aan
©Kopiereg 2025 deur Die Pad van Waarheid tot die Lewe Vertalings Projek.
Kopiereg op die inhoud behoort aan die Lewende, Skepper-God, YHWH, alleen. U is welkom om dit onveranderd te gebruik in enige leer of skrywe, met erkenning: “PWL” “PadWLewe” of “Die Pad van Waarheid tot die Lewe” vertaling.
Geen deel hiervan mag onder enige omstandighede, in enige formaat, verkoop word nie.
Sy Boodskap is gratis.