Openbaring 20
20
1Ek het ’n ander boodskapper vanaf die hemel gesien met die sleutel van die bodemlose put en ’n groot ketting in sy hand
2en hy het die draak gegryp, die ou slang, wat die valse aanklaer en die teëstander is en hy het hom vasgebind vir ’n duisend jaar lank
3en hom in die bodemlose put gegooi, hom toegesluit, die bokant toegemaak en verseël sodat hy nie meer al die nasies sou mislei nie. Na hierdie jare is dit gegee om hom vir ’n kort tydjie los te maak.
4Ek het trone gesien en hulle wat daarop sit, is gegee om te oordeel. Die geeste wat afgesny is as gevolg van die getuienis van Yeshua en as gevolg van die boodskap van God en die wat die dier en sy beeld nie aanbid het nie en ook nie die merk tussen hulle oë of op hulle hand ontvang het nie, hulle het geleef en saam met Die Gesalfde Een regeer, vir ’n duisend jaar lank. Dan 7:9-10,22
5Hierdie is die eerste opstanding.
6Geseënd en afgesonderd is hy wat deel het aan die eerste opstanding. Oor hulle het die tweede dood geen outoriteit nie, maar hulle sal priesters van God en van Die Gesalfde Een wees Eks 19:6; Yes 61:6; 1 Kefa 2:9 en sal saam met Hom vir ’n duisend jaar lank regeer.
7Wanneer die duisend jaar verby is, sal die teëstander uit sy gevangenis vrygelaat word
8en hy sal uitgaan om die nasies vanuit die vier hoeke van die aarde te verlei, Gog en Magog, om hulle bymekaar te maak vir die oorlog, hulle wat soveel is as die sand van die see.
9Hulle het opgetrek vir oorlog oor ’n oop deel van die aarde en die stad van die kamp van die afgesonderdes en die stad vir wie ons lief is, omsingel en vuur het vanaf God uit die hemel afgekom en hulle verbrand. Yeg 38:22; 39:6
10Die valse aanklaer, hulle misleier, is in die meer van vuur en swael gegooi, waarin die dier en die vals profeet is en hulle sal dag en nag gepynig word, vir tydlose ewigheid.
11Ek het ’n groot wit troon gesien en Hom wat daarop sit, voor Wie se Teenwoordigheid die aarde en die hemel weggevlug het en daar is geen plek vir hulle gevind nie.
12Ek het dié wat dood is, klein en groot, wat voor die troon staan, gesien. Boekrolle is oopgemaak en ’n ander boekrol, wat die boekrol van oordeel is, is oopgemaak en dié wat dood is, is geoordeel volgens wat in die boekrolle geskryf is, volgens hulle dade. Mal 3:16; Ps 69:29; Ps 139:16; Dan 12:1; Fil 4:3
13Die see het dié wat daarin is opgegee en die dood en Sh’ol het dié wat daarin is opgegee en hulle is geoordeel, elkeen volgens sy dade. Dan 12:2
14Toe is die dood en Sh’ol in die meer van vuur gegooi. Hierdie is die tweede dood.
15Wie ook al gevind is om nie opgeskryf te wees in die boekrol van die lewe nie, is in die meer van vuur gegooi.
Tans Gekies:
Openbaring 20: PWL
Kleurmerk
Kopieer
Vergelyk
Deel
Wil jy jou kleurmerke oor al jou toestelle gestoor hê? Teken in of teken aan
©Kopiereg 2025 deur Die Pad van Waarheid tot die Lewe Vertalings Projek.
Kopiereg op die inhoud behoort aan die Lewende, Skepper-God, YHWH, alleen. U is welkom om dit onveranderd te gebruik in enige leer of skrywe, met erkenning: “PWL” “PadWLewe” of “Die Pad van Waarheid tot die Lewe” vertaling.
Geen deel hiervan mag onder enige omstandighede, in enige formaat, verkoop word nie.
Sy Boodskap is gratis.