Openbaring 10
10
1Ek het ’n ander boodskapper uit die hemel sien afkom. Hy was aangetrek met ’n wolk, met ’n reënboog in die lug oor sy kop; hy het gelyk soos die son en sy bene soos pilare van vuur
2en in sy hand het hy ’n klein boekrolletjie gehad, wat oop was en hy het sy regtervoet op die see gesit, maar sy linkervoet op die land.
3Hy het met ’n harde stem uitgeroep, soos ’n leeu wat brul en nadat hy uitgeroep het, het sewe donderslae hulle stemme laat hoor.
4Toe die sewe donderslae gepraat het, was ek gereed om te skryf, maar ek het ’n stem uit die hemel, die sewende boodskapper, vir my hoor sê: “Verseël dit wat die sewe donderslae gesê het en skryf dit nie op nie.”
5Die boodskapper wat ek op die see en op die droë land sien staan het, het sy hand na die hemel opgelig
6en gesweer by Hom wat vir tydlose ewigheid lewe - Deut 32:40; Dan 12:7 Hy wat die hemele en wat daarin is, die aarde en wat daarin is en die see en wat daarin is, geskape het - dat daar weer nie tyd sal wees nie, Eks 20:11; Neg 9:6; Ps 146:6
7maar in die dae wanneer die sewende boodskapper geblaas het, is die geheime van God voltooi, wat Hy verkondig het aan Sy diensknegte, die profete.
8Die stem wat ek uit die hemel gehoor het, het weer met my gepraat en gesê: “Gaan, vat die klein boekrolletjie in die hand van die boodskapper wat op die land en op die see staan.”
9Ek het na die boodskapper gegaan en vir hom gesê: “Gee vir my die klein boekrolletjie.” Hy sê vir my: “Vat en eet dit Yir 15:16; Yeg 2:8-3:3 en dit sal bitter wees in jou maag, maar in jou mond sal dit soos heuning wees.”
10Ek vat die klein boekrolletjie uit die hand van die boodskapper en eet dit en in my mond was dit so soet soos heuning, maar toe ek dit geëet het, was my maag bitter.
11Hy het vir my gesê: “Daar word weer vir jou tyd gegee om te profeteer oor baie volke, nasies, tale en konings.”
Tans Gekies:
Openbaring 10: PWL
Kleurmerk
Kopieer
Vergelyk
Deel
Wil jy jou kleurmerke oor al jou toestelle gestoor hê? Teken in of teken aan
©Kopiereg 2025 deur Die Pad van Waarheid tot die Lewe Vertalings Projek.
Kopiereg op die inhoud behoort aan die Lewende, Skepper-God, YHWH, alleen. U is welkom om dit onveranderd te gebruik in enige leer of skrywe, met erkenning: “PWL” “PadWLewe” of “Die Pad van Waarheid tot die Lewe” vertaling.
Geen deel hiervan mag onder enige omstandighede, in enige formaat, verkoop word nie.
Sy Boodskap is gratis.