Openbaring 1
1
1Die openbaring van Yeshua, Die Gesalfde Een, wat God aan Hom gegee het om aan Sy diensknegte te wys, wát gegee is om gou te gebeur en wat Hy simbolies verduidelik het toe Hy dit deur Sy boodskapper aan Sy dienskneg Yoganan gestuur het;
2hy wat getuig het van die boodskap van God en van die getuienis van Yeshua, Die Gesalfde Een; alles wat hy gesien het.
3Sy seën aan dié een wat die boodskap van dié profesie lees en aan dié wat dit hoor en doen wat daarin geskryf is, Eks 24:7 want die tyd is naby.
4Yoganan, aan sewe gemeentes in Asië: onverdiende guns vir julle en vrede, vreugde, gesondheid, voorspoed en vergenoegdheid van Hom wat is en wat was en wat kom, Eks 3:14 van die sewe Geeste wat voor Sy troon is Yes 11:2
5en van Yeshua, Die Gesalfde Een, die betroubare Getuie, die Eersgeborene uit die dood en die Heerser oor die konings van die aarde; Hy wat ons lief het, ons van ons sondes losgemaak het deur Sy bloed Yes 49:6-8, 26
6en ons ’n koninkryk van priesters Yes 61:6; 1 Kefa 2:5,9 gemaak het vir God, Sy Vader, aan Hom die eer, lof, grootheid en die heerskappy vir tydlose ewigheid! Dit is waar.
7Let op, Hy kom met die wolke en elke oog sal Hom sien, ook hulle wat Hom deursteek het Mar 14:62; Luk 24:51; Hand 1:11 en al die families van die aarde sal oor Hom rou. Z'kh 12:10-14 Ja, dit is waar!
8“Ek is die Alef en ook die Tau,” sê יהוה-God; Eks 3:14 Hy wat is en wat was en wat kom; Hy wat alles vashou.
9Ek is Yoganan, julle broer en deelgenoot in die lyding en in die volharding wat in Yeshua is. Ek was op die eiland wat Patmos genoem word as gevolg van die boodskap van God en as gevolg van die getuienis van Yeshua, Die Gesalfde Een.
10Ek was in die Gees op die eerste dag van die week en ek het agter my ’n harde Stem gehoor, soos van ’n ramshoring,
11wat sê: “Skryf wat jy sien in ’n rol en stuur dit vir sewe gemeentes: na Efesos, Smurna, Pergamos, Thuateira, Sardis, Filadelfeia en Laodikeia.”
12Ek het omgedraai om uit te vind watter Stem met my gepraat het en toe ek my omgedraai het, sien ek sewe goue kandelare
13en tussen die kandelare, Een wat lyk soos ’n mens, met ’n skouerkleed aan en met ’n goue gordel Eks 28 om die bors.
14Sy kop en hare was wit, soos wol en soos sneeu; Sy oë soos vlamme van vuur;
15Sy voete soos brons vanaf L’vanon wat gesuiwer is in ’n oond en Sy stem soos die klank van baie water. Yeg 1:24; 43:2
16Hy hou sewe sterre vas in Sy regterhand; ’n skerp swaard het uit Sy mond uitgegaan Yes 49:1-3; Open 2:12,16; 19:15-21 en ek het Hom gesien soos die son wat verskyn in sy volle krag.
17Toe ek Hom sien, val ek soos ’n dooie aan Sy voete Yeg 1:28 en Hy het Sy regterhand op my gelê en vir my gesê: “Moenie bang wees nie, want Ek is die Eerste en die Finale
18en die Lewende Y’ho 3:10; Ps 42:3; 84:3 en Ek was dood en let op, Ek leef vir tydlose ewigheid. Dit is waar. Ek het die sleutels van Sh’ol Yeg 37:13; Hos 13:14 en van die dood.
19Skryf daarom neer alles wat jy gesien het, dié wat reeds is, sowel as dié wat hierna gaan gebeur.
20Die geheim van daardie sewe sterre wat jy in My regterhand gesien het en die sewe goue kandelare: die sewe sterre is die boodskappers van sewe gemeentes en die sewe kandelare wat jy gesien het, is sewe gemeentes.
Tans Gekies:
Openbaring 1: PWL
Kleurmerk
Kopieer
Vergelyk
Deel
Wil jy jou kleurmerke oor al jou toestelle gestoor hê? Teken in of teken aan
©Kopiereg 2025 deur Die Pad van Waarheid tot die Lewe Vertalings Projek.
Kopiereg op die inhoud behoort aan die Lewende, Skepper-God, YHWH, alleen. U is welkom om dit onveranderd te gebruik in enige leer of skrywe, met erkenning: “PWL” “PadWLewe” of “Die Pad van Waarheid tot die Lewe” vertaling.
Geen deel hiervan mag onder enige omstandighede, in enige formaat, verkoop word nie.
Sy Boodskap is gratis.