Negemyah 1
1
1Die woorde van Negemyah, die seun van Hakhalyah: dit het gebeur in die maand Kislev (9de Maand) van die twintigste jaar terwyl ek in Shushan, in die paleis, was,
2dat Hanani, een van my broers, gekom het, hy en sekere manne van Y’hudah en ek het hulle gevra na die Y’hudahiete, die oorgeblewenes wat oorgebly het uit die gevangenskap en ook na Yerushalayim.
3Hierdie manne, vir wie ek gevra het, het vir my gesê: “Die manne wat die gevangenskap vrygespring het, let op, hulle is daar in die stad, dwalend in ellende en in bespotting; die muur van Yerushalayim is ook afgebreek en sy poorte is met vuur verbrand.” 2 Kon 25; Yir 52
4Toe ek hierdie woorde hoor, het ek gaan sit en huil en getreur vir baie dae en gevas en gebid voor die Teenwoordigheid van die God van die hemel
5en gesê: “Ek smeek U, o יהוה, God van die hemel, die Magtige, die groot en gevreesde God, wat waarheid en onverdiende guns behou vir hulle wat Hom lief het en Sy opdragte uitvoer,
6laat U oë nou oop wees en U ore luister, om die gebed van U dienskneg, wat ek nou, dag en nag, voor U bid, vir die seuns van Yisra’el, U diensknegte, te hoor en ek erken die sondes van die seuns van Yisra’el wat hulle teen U gesondig het; meer nog, ook ek en my familie het teen U gesondig.
7Ons het nie al die opdragte, of die instellings, of die regverdige oordele wat U aan Mosheh, U dienskneg, beveel het, gehou nie.
8Onthou nou al die opdragte wat U aan Mosheh, U dienskneg, beveel en gesê het: ‘As julle oortree teenoor My, sal Ek julle onder die volke verstrooi,
9maar as julle berou het en na My toe terugdraai en My wette onderhou en dit doen, al was julle verstrooides in die verste dele van die hemel, steeds sal Ek julle van daar af bymekaarmaak en julle bring na die plek waar Ek besluit het om My Naam (Karakter en Outoriteit) te vestig.’ Deut 4:25-27; 30:2-4
10Hierdie is U diensknegte en U volk, wat U gered het deur U groot krag en deur U sterk hand.
11O יהוה, ek smeek U, laat U oor aandag gee aan die gebed van U dienskneg en aan die gebede van U diensknegte, hulle wat hulle verheug daarin om U Naam (Karakter en Outoriteit) respekvol te vrees en ek bid, gee vandag voorspoed aan U dienskneg en gee aan hom onverdiende guns voor die oë van hierdie man.” Ek was skinker vir die koning.
Tans Gekies:
Negemyah 1: PWL
Kleurmerk
Kopieer
Vergelyk
Deel
Wil jy jou kleurmerke oor al jou toestelle gestoor hê? Teken in of teken aan
©Kopiereg 2025 deur Die Pad van Waarheid tot die Lewe Vertalings Projek.
Kopiereg op die inhoud behoort aan die Lewende, Skepper-God, YHWH, alleen. U is welkom om dit onveranderd te gebruik in enige leer of skrywe, met erkenning: “PWL” “PadWLewe” of “Die Pad van Waarheid tot die Lewe” vertaling.
Geen deel hiervan mag onder enige omstandighede, in enige formaat, verkoop word nie.
Sy Boodskap is gratis.