Die embleem van die Bybeltoep
Soek-ikoon

Hebreërs 9

9
1In die eerste was daar ’n orde van bediening en ’n aardse Huis van Afgesonderdheid,
2want in die eerste Tabernakel wat gemaak is, was: die lampstaander, die tafel en die brood van die Teenwoordigheid en dit is die Afgesonderde plek genoem. Eks 25:23-39
3Agter die skeidingsgordyn, was die binneste kamer, wat die Mees Afgesonderde genoem word Eks 26:31-33
4en in dit was ’n goue wierookaltaar, Eks 30:10 die ark van die verbond, Eks 25:10-22 oral met goud oorgetrek, die goue pot met die ‘man hu’, Eks 16:33 die staf van Aharon wat gebot het Num 17:10 en die tafels van die verbond Eks 34:1-4; Eks 28-29
5en bo-op dit, die gérubs van die Gemanifesteerde Teenwoordigheid wat die deksel van toedekking oorskadu het, maar daar is nie tyd dat ons oor elkeen van hierdie dinge afsonderlik kan praat, wat op hierdie manier gemaak is nie.
6Die priesters het elke keer in die buitenste Tabernakel ingegaan en hulle bediening uitgevoer,
7maar in die binneste van die Tabernakel het die hoofpriester alleen, een maal per jaar, met bloed, wat hy offer vir sy lewe en vir die oortredinge van die mense, ingegaan. Lev 16
8Hierin het die Gees wat Afgesonderd is, geleer dat die pad van Afgesonderdheid nog nie openbaar is, solank as wat die eerste Tabernakel nog staan nie.
9Dit was ’n bloudrukplan vir daardie tyd, waarin daar geskenke en offers gebring is, wat hom, wat hulle offer, se gewete nie volkome kon maak
10deur kos, drank en verskillende reinigingswassinge, wat vleeslike instellings is, wat vasgestel is tot op die tyd van hervorming, nie,
11maar Die Gesalfde Een, wat gekom het, het die Hoofpriester geword van die goeie dinge wat Hy gedoen het en Hy het die groot en volmaakte Tabernakel binnegegaan, wat nie met hande gemaak is nie en nie van hierdie geskepte dinge is nie. Open 21:22
12Hy het ook nie ingegaan met die bloed van jaaroue bokke en kalwers nie, maar met Sy eie bloed het Hy een maal in die plek van Afgesonderdheid ingegaan en ewige loskoping verkry,
13want as die besprinkeling van die wat onrein is, met bloed van bulle en bokke en die as van ’n vers, hulle kan afsonder tot reiniging van die vlees,
14hoeveel te meer sal die bloed van Die Gesalfde Een, wat Homself, sonder vlek, deur die ewige Gees aan God geoffer het, ons gewete reinig van dooie werke, om die lewende God te dien. 1 Kefa 1:18,19
15As gevolg hiervan is Hy Tussenganger van ’n nuwe verbond, Yir 31:30-33 want in Sy dood was Hy Verlossing vir díe wat teen die eerste verbond oortree het sodat ons die belofte mag ontvang, díe wat geroep is tot ’n ewige erfenis,
16want waar daar ’n testament is, wys dit die dood van hom wat dit opgestel het,
17want dit is slegs geldig vir ’n dooie, want solank die opsteller leef het dit geen gebruik nie.
18As gevolg hiervan is selfs die eerste nie sonder bloed ingestel nie,
19want toe al die opdragte van die wet deur Mosheh aan al die mense beveel is, het hy die bloed van ’n kalf saam met water, skarlakenrooi wol, hisop en die boekrol gevat en al die mense besprinkel
20en vir hulle gesê: “Hierdie is die bloed van die verbond wat God julle beveel het.” Eks 24:8
21Hy het ook op die Tabernakel en al die gereedskap van die tempeldiens, van die bloed gesprinkel
22omdat alles met bloed gereinig word volgens die geskrewe wet en sonder die stort van bloed is daar geen vergifnis nie.
23Dit was dus nodig dat hierdie dinge, wat bloudrukplanne was van die dinge in die hemel, deur hierdie offers gereinig moes word, maar die hemelse deur beter offers as hierdie,
24want Die Gesalfde Een het nie ingegaan in ’n Afgesonderde Plek met hande gemaak, ’n bloudrukplan van die ware een, nie, maar in die hemel self waar Hy in die Teenwoordigheid van God namens ons verskyn;
25ook nie om Homself gereeld te offer, soos wat die hoofpriester elke jaar in die Mees Afgesonderde ingegaan het met bloed wat nie sy eie was nie, Yir 33:18-22
26want dan moes Hy gereeld gely het, van die begin van die wêreld af, maar nou het Hy een maal tydens die einde van die tye Homself geoffer, om die sonde deur Sy offer te vernietig.
27Net soos dit bepaal is vir die mens om een maal te sterf en na die dood is die oordeel,
28só is Die Gesalfde Een ook een maal geoffer en Sy liggaam geoffer vir die sondes van baie, Yes 53:12; Ps 50:5 maar die tweede maal verskyn Hy, nie ter wille van sonde nie, maar vir die lewe van hulle wat Hom verwag,

Tans Gekies:

Hebreërs 9: PWL

Kleurmerk

Kopieer

Vergelyk

Deel

None

Wil jy jou kleurmerke oor al jou toestelle gestoor hê? Teken in of teken aan