Hebreërs 8
8
1Die hoofpunt van dít alles: ons hét so ’n nie-Levitiese hoofpriester wat sit op die regterkant van die troon van HaG’dulah (die Grootheid) in die hemel.
2Hy is die Bedienaar van die Huis van Afgesonderdheid en van die ware Tabernakel (tentwoning), wat God opgeslaan het en geen mens nie.
3Elke hoofpriester word aangestel om geskenke en offers te bring; daarom moes Hy ook iets vir Homself hê om te offer,
4want as Hy op aarde was, sou Hyself geen priester wees nie omdat daar priesters is wat die offerandes volgens die wet offer,
5hulle wat ’n voorbeeld en skaduwee van die hemelse bedien, net soos aan Mosheh gesê is toe hy die Tabernakel (tentwoning) gemaak het: “Let op dat jy alles maak volgens die bloudrukplan wat op die berg aan jou verskyn het,” Eks 25:40
6maar nou het Yeshua, Die Gesalfde Een ’n beter bediening ontvang as daardie, net soos wat die verbond ook beter is, waarvan Hy Tussenganger gemaak is, met beter beloftes as wat gegee is,
7want as die eerste een sonder fout was, was daar nie plek vir hierdie tweede een nie,
8want Hy vind fout met hulle en het gesê: “Let op, daar kom dae, sê יהוה, dat Ek oor die huis van Yisra’el en oor die huis van Y’hudah ’n nuwe verbond tot sy doel sal bring,
9nie volgens die verbond wat Ek vir hulle vaders gegee het op die dag toe Ek hulle aan die hand gegryp het, om hulle uit Mitzrayim uit te lei nie, want hulle het nie gebly in My verbond nie en Ek het hulle verwerp,” sê יהוה. Yir 31:33
10“Hierdie is die verbond wat Ek ná dié dae sal gee vir die huis van Yisra’el,” sê יהוה: “Ek sal My wette in hulle begrip gee en dit op hulle verstand, wil en emosie skryf en Ek sal vir hulle ’n God wees en hulle sal vir My ’n volk wees Yir 31:31-34
11en hulle sal nie meer elkeen sy medemens en elkeen sy broer leer en sê: ‘Ken יהוה’ nie, want hulle almal sal My ken, vanaf hulle kleinste tot hulle oudste.
12Ek sal hulle reinig van hulle oortredings van die wet en hulle sondes nie meer onthou nie.”
13Deurdat Hy sê ‘nuwe,’ het Hy die eerste as oud verklaar en dit wat verouderd en oud is, is naby vernietiging.
Tans Gekies:
Hebreërs 8: PWL
Kleurmerk
Kopieer
Vergelyk
Deel
Wil jy jou kleurmerke oor al jou toestelle gestoor hê? Teken in of teken aan
©Kopiereg 2025 deur Die Pad van Waarheid tot die Lewe Vertalings Projek.
Kopiereg op die inhoud behoort aan die Lewende, Skepper-God, YHWH, alleen. U is welkom om dit onveranderd te gebruik in enige leer of skrywe, met erkenning: “PWL” “PadWLewe” of “Die Pad van Waarheid tot die Lewe” vertaling.
Geen deel hiervan mag onder enige omstandighede, in enige formaat, verkoop word nie.
Sy Boodskap is gratis.