Hebreërs 3
3
1My afgesonderde broers, wat deel in die hemelse roeping, dink daarom versigtig aan Yeshua, Die Gesalfde Een, wat ons openlik erken as God se Afgevaardigde en nie-Levitiese Hoofpriester.
2Hy is vertrouenswaardig teenoor God wat Hom aangestel het, net soos Mosheh in God se hele huishouding getrou was, Num 12:7
3want hierdie Een se lof en eer is baie meer as die van Mosheh, soveel as wat hy wat die huis gebou het, baie meer eer het as die huis,
4want elke huis word deur iemand gebou, maar Hy wat voortdurend alles bou, is God. Ps 127:1
5Mosheh was as ’n dienskneg toevertrou met die hele huis, tot getuienis van wat nog deur Hom gesê sou word,
6maar Die Gesalfde Een as Seun oor Sy huis. Ons is Sy huis as ons met vrymoedigheid en trots Sy goeie boodskap tot die einde toe vashou. Dan 9:24; 1 Kor 3:16-17
7Omdat die Gees wat Afgesonderd is, sê: “Vandag as julle Sy stem hoor,
8verhard nie julle verstand, wil en emosie om Hom kwaad te maak, soos hulle wat rebels is en soos in die dag van die toetsing in die wildernis,
9toe julle vaders My getoets het, My beproef het en My dade veertig jaar lank gesien het, nie.
10As gevolg daarvan was Ek moeg vir daardie geslag en het gesê: ‘Hulle is ’n volk wat fouteer in die verstand, wil en emosie en húlle het My paaie nie geken nie,’
11soos Ek in My woede ’n eed geneem het: Ps 95:8-11 ‘Hulle sal in My rus nie ingaan nie!”
12Pas daarom op, my broers, dat daar nie in enige van julle ’n bose en vertrouelose verstand, wil en emosie is en hy van die Lewende God af wegdwaal nie,
13maar verneem van mekaar elke dag, solank as dit vandag genoem word sodat niemand van julle deur die misleiding van sonde verhard word nie,
14want ons is aan Die Gesalfde Een verbind, as ons van die begin af tot die einde toe aan hierdie ware verbond vashou.
15Net soos wat gesê is: “Vandag as julle Sy stem hoor, verhard nie julle verstand, wil en emosie om Hom kwaad te maak nie.” Ps 95:8,9
16Wie was dit dan wat gehoor het en Hom kwaad gemaak het? Was dit nie almal wat Mosheh uit Mitzrayim gebring het nie?
17In wie was Hy veertig jaar lank teleurgesteld? Was dit nie in dié wat gesondig het, wie se lyke in die wildernis geval het nie?
18Hulle aangaande wie Hy ’n eed geneem het, dat hulle in Sy rus nie sal ingaan nie, is dit nie aan hulle wat nie oortuig is nie?
19Ons sien dat hulle nie kon ingaan nie omdat hulle nie vertrou het nie.
Tans Gekies:
Hebreërs 3: PWL
Kleurmerk
Kopieer
Vergelyk
Deel
Wil jy jou kleurmerke oor al jou toestelle gestoor hê? Teken in of teken aan
©Kopiereg 2025 deur Die Pad van Waarheid tot die Lewe Vertalings Projek.
Kopiereg op die inhoud behoort aan die Lewende, Skepper-God, YHWH, alleen. U is welkom om dit onveranderd te gebruik in enige leer of skrywe, met erkenning: “PWL” “PadWLewe” of “Die Pad van Waarheid tot die Lewe” vertaling.
Geen deel hiervan mag onder enige omstandighede, in enige formaat, verkoop word nie.
Sy Boodskap is gratis.