2 Kefa 2

2
1Daar was egter ook vals profete onder die mense, net soos daar onder julle vals leraars sal wees; hulle wat dwaalleringe tot vernietiging bring en die Meester wat hulle gekoop het, ontken terwyl hulle ’n vinnige vernietiging oor hulleself bring.
2Baie sal hulle afskuwelikhede navolg en as gevolg van hulle sal van die pad van die waarheid kwaad gepraat word;
3deur gierigheid en opgemaakte stories sal hulle uit julle ’n wins maak; dié wie se oordeel van die begin af nie passief is nie en wie se vernietiging nie slaap nie,
4want as God die engele wat gesondig het, nie oorgesien het nie, maar hulle in duisternis vasgeketting en afgegooi het in die dieptes, om vir die oordeel tot foltering en pyniging gehou te word
5en die ou wêreld nie oorgesien het nie, maar Noag, die agste persoon, die prediker van onpartydige opregtheid, met sewe ander, beskerm het, toe Hy die vloed oor die wêreld van bose mense gebring het Gen 6-9
6en deur die stede van S’dom en `Amorah tot as te verbrand, hulle veroordeel het tot uitwissing en as ’n voorbeeld gestel het vir hulle wat in die toekoms boos sou wees; Gen 19
7[Hy het ook die onskuldige Lot gered, wat die vernedering van die verwerplike lewenswyse van die wettelose mense gely het,
8want terwyl hy gesien en gehoor het, is dié onskuldige man, wat onder hulle gebly het, dag vir dag in sy onskuldige gees gepynig oor hulle wettelose dade;]
9weet יהוה om dié wat Hom respekvol vrees, te red uit die lyding, maar die bose te hou vir die dag van oordeel terwyl hulle gefolter en gepynig word,
10veral dié wat die vlees najaag in vuil begeerlikhede en teen outoriteit praat. Vermetel en arrogant, bewe hulle nie vir Sy Teenwoordigheid as hulle kwaadpraat nie
11terwyl die engele, alhoewel groter in vermoëns en krag, geen oordeel van kwaadpraat vanaf יהוה teen hulleself bring nie.
12Hulle is egter soos redelose diere van natuur, gemaak vir slagting en vernietiging; hulle praat kwaad teen wat hulle nie ken nie. Hulle sal deur hulle eie korrupsie vernietig word
13wanneer hulle wat boos is die loon van boosheid sal ontvang. Hulle idee van plesier is sensuele begeertes in helder daglig. Hulle is besoedel en vol gebreke en wanneer hulle hul liefdesmaal hou, vergryp hulle hulself
14terwyl hulle oë vol hoerery en sonde is, wat nie ophou nie, soos hulle dié met ’n onvaste gees verlei. Hulle het ’n verstand, wil en emosie geoefen in gierigheid. Hulle is kinders van die vervloeking.
15Toe hulle die regte pad verlaat het, het hulle afgedwaal en die pad van Bil’am, die seun van B’or, Num 22 gevolg, wat die loon van die bose liefgehad het,
16maar bestraf is vir sy oortreding deur die stom donkie Num 22:28 wat gepraat het met die stem van ’n mens en die malligheid van die profeet verhoed het.
17Hulle is fonteine sonder water; Yir 2:13 wolke gedryf deur ’n storm, vir wie die swartheid van die duisternis bewaar word,
18want wanneer hulle leë verskrikkinge kwytraak, verlei hulle, deur die vuil begeertes van die vlees, dié wat deur ’n paar woorde ontvlug het van hulle wat in misleiding se diens is.
19Hulle belowe vir hulle vryheid terwyl hulle self slawe van die korrupsie geword het, want waardeur ’n mens oorwin is, daarvan het hy ook ’n slaaf geword,
20want as hulle ontsnap het uit die verwerplikhede van die wêreld, deur die leringe van ons Meester en Verlosser, Yeshua, Die Gesalfde Een en hulle weer verstrik word daarin en oorweldig word, dan is die einde vir hulle erger as die begin,
21want dit sou vir hulle beter wees as hulle nie die pad van onpartydige opregtheid geken het nie, as dat hulle nadat hulle dit leer ken het, hulle later omgedraai het van die afgesonderde opdragte wat aan hulle oorgegee is, Heb 6:1-4
22maar oor hulle het gekom wat die spreekwoord in waarheid sê: “Die hond het omgedraai na sy eie braaksel” en “die sog, wat gewas is, na die rondrollery in modder.”

Tans Gekies:

2 Kefa 2: PWL

Kleurmerk

Kopieer

Vergelyk

Deel

None

Wil jy jou kleurmerke oor al jou toestelle gestoor hê? Teken in of teken aan