2 Kronieke 5
5
1Al die werk wat Shlomo vir die huis van יהוה gedoen het, was klaar en Shlomo het al die dinge ingebring wat sy vader, Dawid, afgesonder het en die silwer, die goud en al die voorwerpe het hy in die skatkamers van die huis van יהוה neergesit.
2Toe het Shlomo al die oudstes van Yisra’el, die stamhoofde en die familiehoofde van die seuns van Yisra’el, in Yerushalayim bymekaar laat kom om die ark van die verbond van יהוה uit die stad van Dawid, dit is Tziyon, te bring, 1 Kon 8
3waarby al die manne van Yisra’el hulle by die koning in Yerushalayim vergader het op die fees van Sukkot, wat in die sewende maand is.
4Al die oudstes van Yisra’el het gekom en die priesters het die ark opgetel
5en die ark, die tent van ontmoeting en al die afgesonderde voorwerpe wat in die tent was, dit het die Leviete en die priesters gebring.
6Koning Shlomo en die hele vergadering van Yisra’el wat by hom bymekaar was voor die ark, het hulle kleinvee en beeste geoffer wat vanweë die menigte nie getel of bereken kon word nie.
7Toe het die priesters die ark van die verbond van יהוה na sy plek in die Mees Afgesonderde Plek gebring, onder die vlerke van die gérubs,
8want die gérubs het hulle vlerke uitgesprei oor die plek van die ark en die gérubs het die ark en sy draagbalke van bo af bedek.
9Die draagbalke was so lank dat die punte van die draagbalke, van onder die ark, vanuit die binneste vertrek gesien kon word, maar hulle was nie sigbaar van buite af nie en daar het hulle gebly tot vandag toe.
10Daar was niks in die ark nie behalwe die twee tafels wat Mosheh daar ingesit het, wat hy vanaf Horev gebring het, dieselfde verbond wat יהוה met die seuns van Yisra’el gesluit het toe hulle uit Mitzrayim uitgekom het.
11Dit het gebeur dat die priesters uit die Afgesonderde Plek uitgegaan het, want al die priesters wat daar was, het in die Afgesonderde Plek ingegaan,
12ook die Leviete wat sangers was, van Asaf, Heman en Y’dutun, met hulle seuns en hulle broers, aangetrek in wit linne, met simbale, instrumente en harpe, aan die oostekant van die altaar en saam met hulle ’n honderd en twintig priesters wat op die trompette blaas;
13die trompetblasers en die sangers was saam soos een sodat een klank gehoor is om יהוה te prys en te dank. Toe hulle hul stemme oplig saam met die trompette, die simbale en die musiekinstrumente, om יהוה te loof en te sê: “Hy is goed, Sy onverdiende guns duur vir ewig,” is die huis van יהוה met ’n wolk gevul.
14Die priesters kon nie staan om te bedien as gevolg van die wolk nie, want die huis van יהוה was gevul met die helderheid van Sy Gemanifesteerde Teenwoordigheid.
Tans Gekies:
2 Kronieke 5: PWL
Kleurmerk
Kopieer
Vergelyk
Deel
Wil jy jou kleurmerke oor al jou toestelle gestoor hê? Teken in of teken aan
©Kopiereg 2025 deur Die Pad van Waarheid tot die Lewe Vertalings Projek.
Kopiereg op die inhoud behoort aan die Lewende, Skepper-God, YHWH, alleen. U is welkom om dit onveranderd te gebruik in enige leer of skrywe, met erkenning: “PWL” “PadWLewe” of “Die Pad van Waarheid tot die Lewe” vertaling.
Geen deel hiervan mag onder enige omstandighede, in enige formaat, verkoop word nie.
Sy Boodskap is gratis.