2 Kronieke 5:13-14
2 Kronieke 5:13-14 PWL
die trompetblasers en die sangers was saam soos een sodat een klank gehoor is om יהוה te prys en te dank. Toe hulle hul stemme oplig saam met die trompette, die simbale en die musiekinstrumente, om יהוה te loof en te sê: “Hy is goed, Sy onverdiende guns duur vir ewig,” is die huis van יהוה met ’n wolk gevul. Die priesters kon nie staan om te bedien as gevolg van die wolk nie, want die huis van יהוה was gevul met die helderheid van Sy Gemanifesteerde Teenwoordigheid.



