1 Kefa 5
5
1Ek beroep my op die oudstes onder julle, ek wat ’n mede-oudste en getuie van die lyding van Die Gesalfde Een is en deelgenoot is aan Sy Gemanifesteerde Teenwoordigheid wat openbaar sal word:
2wees ’n herder vir die kudde van God wat julle volg en versorg hulle geestelik, nie uit dwang nie, maar met plesier; nie vir vuil wins nie, maar vanuit jou hele verstand, wil en emosie;
3nie as base oor die kudde nie, maar as uitstekende voorbeelde vir hulle
4en wanneer die Hoofherder openbaar sal word, sal julle ’n onverganklike kroon van eer en lof van Hom ontvang. Yeg 34:1-
5Julle jongeres, moet aan jul oudstes gehoorsaam wees en wees almal streng aangetrek met nederigheid in julle gedagtes teenoor mekaar, want God opponeer die trotses, maar aan die nederiges gee Hy onverdiende guns. Ya'a 4:6
6Word nederig gemaak onder die kragtige hand van God sodat dit julle kan oplig op die regte tyd.
7Werp al julle bekommernisse op God, want Hy sorg vir julle. Ps 55:23
8Wees waaksaam en wakker, want julle vyand, die teëstander, brul soos ’n leeu en loop rond en soek wie hy kan verslind.
9Staan daarom teen hom Ya’a 4:7 terwyl julle vasstaan in vertroue en weet dat julle broers oor die wêreld dieselfde lyding ondergaan.
10Die God van onverdiende guns, wat ons geroep het tot Sy ewige Gemanifesteerde Teenwoordigheid deur Yeshua, Die Gesalfde Een; Hy wat vir ons gee terwyl ons hierdie klein bietjie smart vir ’n kort tydjie ly, om bekragtig, bevestig en vas te word in Hom tot in ewigheid;
11aan Hom die eer, lof, aanbidding en die krag vir ’n tydlose ewigheid! Dit is waar.
12Hierdie paar dinge het ek gedink om aan julle, deur Silas, te skryf, van wie ek oortuig is dat hy ’n vertrouenswaardige broer is en ek getuig dat hierdie die ware onverdiende guns van God is waarin julle staan.
13Die gekose gemeente in Bavel en Markos, my seun, stuur vrede vir julle.
14Stuur vrede vir mekaar met ’n afgesonderde soen van liefde. Vrede, vreugde, gesondheid, voorspoed en vergenoegdheid vir julle almal wat in Die Gesalfde Een is! Dit is waar!</book>
Tans Gekies:
1 Kefa 5: PWL
Kleurmerk
Kopieer
Vergelyk
Deel
Wil jy jou kleurmerke oor al jou toestelle gestoor hê? Teken in of teken aan
©Kopiereg 2025 deur Die Pad van Waarheid tot die Lewe Vertalings Projek.
Kopiereg op die inhoud behoort aan die Lewende, Skepper-God, YHWH, alleen. U is welkom om dit onveranderd te gebruik in enige leer of skrywe, met erkenning: “PWL” “PadWLewe” of “Die Pad van Waarheid tot die Lewe” vertaling.
Geen deel hiervan mag onder enige omstandighede, in enige formaat, verkoop word nie.
Sy Boodskap is gratis.