1 Kefa 2
2
1Gooi daarom alle boosheid, alle misleiding, huigelary, afguns en alle agteraf kwaadpratery af.
2Verlang sterk, soos babas wat nog drink, na die suiwer en geestelike melk van die boodskap, waardeur julle sterk kan groei vir die lewe, Heb 5:13,14
3as julle geproe en gesien het dat יהוה goed is; Ps 34:9
4Hy na Wie julle naderkom, die Lewende Steen, wat deur die mense verwerp is, maar deur God gekies en kosbaar is. Efe 2:20
5Julle word net so as lewende stene opgebou en julle het ’n geestelike tempel en afgesonderde priesters geword, om geestelike offers te bring wat vir God aanvaarbaar is deur Yeshua, Die Gesalfde Een. Yir 33:21; Rom 12:1; Heb 7:12; 12:28; Open 1:6; 5:10
6Dit word gesê in die Skrifte: “Let op, Ek lê in Tziyon ’n goedgekeurde en kosbare Hoeksteen en hulle wat in Hom vertrou, sal nooit beskaam word nie.” Yes 28:16; Rom 9:33
7Vir die wat aanhou vertrou, is hierdie eer gegee, maar vir die wat nie vertrou nie
8is Hy: “’n Klip van struikeling en ’n Rots van aanstoot” Yes 8:14; Mat 11:5,6 en hulle struikel daaroor deurdat hulle nie die boodskap gehoorsaam waaroor hulle aangestel is nie.
9Julle is ’n gekose nasie, Yes 43:20 om te dien as priesters Yes 61:6; Open 1:6; 20:6 in die Koninkryk, ’n afgesonderde volk, Eks 19:6 bymekaargemaak en bevry, om die lofprysinge van Hom, wat julle uit die duisternis geroep het, te verkondig tot Sy wonderlike lig,
10julle wat vroeër geen volk was nie, maar nou die volk van God is; vir wie niemand omgegee het nie, maar nou word omgee oor julle uitgestort. Hos 2:23; Rom 9:25
11Julle vir wie ek lief het, ek versoek julle, as tydelike bewoners en vreemdelinge, om julle te onthóu van vleeslike begeertes wat baklei teen die gees
12en laat julle manier van lewe onder al die mense mooi wees sodat hulle wat van julle kwaad praat, julle goeie dade kan sien en God kan eer, loof en aanbid in die dag van beoordeling.
13Wees dan ondergeskik aan alle mense ter wille van God; aan konings, as gevolg van hulle outoriteit; Yir 29:7; Mat 22:19-21; Rom 13:1-7; 1 Tim 2:2; Tit 3:1
14aan regters, want hulle is vanaf Hom gestuur om kwaaddoeners te straf en om die wat goed doen, te prys,
15want só is dit die wil van God: dat julle deur goed te doen, die monde van dwase mense sal stilmaak
16soos vrymense en nie soos hulle wat die vryheid as ’n verskoning vir die boosheid gebruik nie, maar soos slawe van God.
17Julle moet almal eer, die broers liefhê, God respekvol vrees en die koning eer.
18Huisbediendes, wees aan julle meesters gehoorsaam met alle vrees, nie alleen aan die wat goed en sag is nie, maar ook aan die harde en bose,
19want daar is onverdiende guns vir iemand as hy, ter wille van sy gewete voor God, leed verdra wat van die Bose een af kom,
20want watter eer is daar as julle verdra wanneer julle as gevolg van dwaasheid verkeerd doen en geslaan word? As julle egter verdra wanneer julle goed doen en ly, dan word julle eer en lof voor God opgelig,
21want hiertoe is julle geroep omdat Die Gesalfde Een ook in julle plek gesterf en vir julle ’n voorbeeld nagelaat het sodat julle in Sy voetspore kan volg. 1 Yog 2:6
22Hy wat geen sonde gedoen het nie Yes 53:9 en in wie se mond geen bedrog gevind is nie;
23Hy wat beledig is en nie beledig het nie; Hy het gely en niemand gedreig nie, maar het Sy oordeel oorgegee aan Hom wat regverdig oordeel;
24Hy het al ons sondes Yes 53:4,12 in Sy liggaam op die kruishout Deut 21:22,23 opgelig en as ons dood is aan sondes, sal ons in Sy onpartydige opregtheid lewe. Deur Sy wonde is julle gesond gemaak, Mal 3:17-18; Yes 53:4,5,10; Ps 103:2,3; Mat 8:14-17; Rom 4:25; 1 Kor 15:3
25want julle was soos verdwaalde skape, maar nou het julle teruggedraai na die Skaapwagter en Omgeegewer van julle lewe. Yes 53:6
Tans Gekies:
1 Kefa 2: PWL
Kleurmerk
Kopieer
Vergelyk
Deel
Wil jy jou kleurmerke oor al jou toestelle gestoor hê? Teken in of teken aan
©Kopiereg 2025 deur Die Pad van Waarheid tot die Lewe Vertalings Projek.
Kopiereg op die inhoud behoort aan die Lewende, Skepper-God, YHWH, alleen. U is welkom om dit onveranderd te gebruik in enige leer of skrywe, met erkenning: “PWL” “PadWLewe” of “Die Pad van Waarheid tot die Lewe” vertaling.
Geen deel hiervan mag onder enige omstandighede, in enige formaat, verkoop word nie.
Sy Boodskap is gratis.