1 Kronieke 4

4
1Hierdie is die nageslag van Y’hudah: Peretz, Hetzron, Karmi, Hur en Shoval.
2Re’ayah, die seun van Shoval, was die vader van Yagat; Yagat was die vader van Agumai en Lahad. Hierdie is die families van Regov’am.
3Hierdie is die seuns van `Amminadav: Yizre’el, Yishma en Yidbash.
4P’nu’el en Hoshiyah was die seuns van Hur, die eersgeborene van Efratah, wie se vader van Beit-Legem was.
5Ashgur, die vader van Tekoa, het twee vroue gehad, Ghel’ah en Na’arah.
6Een van hulle het geboorte gegee aan Aguzam, Hefer, Teimni en Agashtari. Dit was die seuns van een van hulle.
7Die seuns van Ghel’ah: Tzeret, Tzogar en Etnan.
8Kotz was die vader van `Anuv, Tzovevah en die families van Agargel, die seun van Harum.
9Ya’betz was dierbaar vir sy vader en sy moeder en hulle het hom “ons oë” genoem (in Aramees).
10Hulle het vir hom gesê: “יהוה sal jou sekerlik seën en jou grondgebied vergroot en Sy hand sal by jou wees en jou bevry van boosheid sodat dit geen mag oor jou het nie en aan jou gee dit wat jy van Hom vra.”
11Kalev, die broer van Ahiyah, was die vader van M’gir, wat die vader was van Eshton.
12Eshton was die vader van T’ginnah en Rafa was die vader van Paseag; Paseag was die vader van T’ginnah, T’ginnah was die vader van Yazir.
13Hierdie is die seuns van Kalev, die seun van Y’funneh: die eersgeborene was Elah en die tweede Na’am, die derde was K’naz, die vierde Ashif, die vyfde Ya’mo’el en die sesde was Yahrof
14Hierdie is die seuns van Kalev, die seun van Y’funneh. Num 13:6; Y’ho 14:6
15Die seuns van `Ezrah was Yeter, Mered, `Efer en Yalon, wat geboorte gegee het aan Miryam, Shammai en Yishbag, die vader van Esht’moa.
16Sy Y’hudahitiese vrou het geboorte gegee aan: Yered, die vader van G’dor; Hever, die vader van Sokho en Y’kuti’el, die vader van Zanoag.
17Die seuns van sy vrou, Hodiyah, die suster van Nagam, die vader van Ke’ilah, die Garmiet en Esht’moa, die Ma’akhatiet.
18Die seuns van Shimon: Amnon, Rinnah, Ben-Hanan en Tilon. Die seuns van Yish’i was Zoget en Ben-Zoget.
19Die seuns van Shelah, die seun van Y’hudah was `Er, die vader van Lekha en La’adah, die vader van Mareshah en die families van die huis van die fyn linne wewers, van die huis van Ashbea.
20Zemri, Esht’moa, Ma’akhat, Eshtmah en Ashimon.
21Die seuns van Ashimon: Ammon, Domiyah, Zerah en Shelah. Hierdie was die seuns van Shelah.
22Hierdie was die seuns van Y’hudah.
23Die seuns van Shim’on is N’mu’el, Yamin, Ahar, Yagin, Zahar, Yarib, Zerag en Sha’ul.
24Mivsam was sy seun en Mishma was sy seun,
25Shemati en Hamu’el
26Zakkai, sy seun, Shim’i, sy seun.
27Shim’i het sestien seuns en ses dogters gehad, maar sy broers het nie baie seuns gehad nie en hulle families het ook nie vermenigvuldig totdat die seuns van Y’hudah tussen hulle kom bly het nie.
28Hulle het by hulle kom bly in die dorpe van Be’er-Sh’va, Moladah en Hatzar-Sha’ul,
29in Bilhah, `Etzem, Tolad,
30B’tu’el, Hormah, Hatzar-Gadah, Heshmon, Hetpelet en Ziklag,
31Marmeranah en Samsalah. Dit was hulle stede tot by die regering van Dawid.
32Hulle dorpies was: `Eitam, `Ayin, Rimmon, Tokhen en `Ashan, vyf stede
33en al die dorpies wat in die omtrek van hierdie stede van Arkites was.
34Hierdie was die stede waarin hulle gebly het en hulle het baie beroemd geword
35en was in mooi plekke geleë en vrede en rustigheid het rondom hulle geheers.
36Hierdie is die name van die prinse wat daar, in hulle families, was en in die huis van hulle vaders
37en hulle het na die ingang van Geder gekom, so ver as die oostekant van die vallei, om weiding vir hulle vee te soek.
38Hulle het goeie, ryk weiding gevind en die land was wyd en goed en vrede en rustigheid het daar geheers,
39want hulle wat daar gebly het was die eerste setlaars.
40Hierdie, wie se name neergeskryf is, het in die tyd van Hizkiyahu, koning van Y’hudah, gekom en hulle tente volkome vernietig
41en al die fonteine besoedel wat tot vandag toe daar is en in hulle plekke gebly, want daar was goeie weiding vir hulle troppe.
42Sommige van hulle en sommige van die seuns van Shim’on, vyf honderd man, het opgegaan na die berg Gevel. Hierdie is die name van die manne wat as hulle leiers gegaan het: P’latyah, Ne’eryah, Refayah en Uzi’el, die vier seuns van Yish’i.
43Hulle het die res van die `Amalekiete verslaan wat ontsnap het en tot vandag toe in hulle plek gaan bly. Num 24:20; Deut 25:17-19; 1 Sh'm 15:2-4

Tans Gekies:

1 Kronieke 4: PWL

Kleurmerk

Kopieer

Vergelyk

Deel

None

Wil jy jou kleurmerke oor al jou toestelle gestoor hê? Teken in of teken aan