Njeríu i mîr ka terzúari mîr i zémeres ndzíer te mirat: e njeríu ljik ka terzúari ljik ndzíer te ljigat.
Lees Š. Matéu 12
Deel
Vergelyk alle weergawes: Š. Matéu 12:35
4 Dae
Die geliefde Susan Coetzer nooi jou saam op 'n vier dag reis uit haar boek Bruistablette vir die lewe. Met 'n kort boodskap vir elke dag, gebaseer op 'n teksvers en aangevul met 'n gebed, bied Bruistablette vir die lewe inspirasie en hoop aan die moderne vrou. Dit is geskryf met humor, insig en deernis, soos net Susan Coetzer kan. Dit is 'n aansporing om elke dag voluit te leef as gelowige te midde van die alledaagse werklikheid.
5 Dae
By Kerksondermure wil ons sien dat mense die Jesuslewe ook saam met ander ontdek. In hierdie Bybelstudiereeks oor woorde kan jy en jou groep gesels oor verskillende Bybelboeke, gedagtes oor woorde en die impak daarvan. Temas soos wanneer om eerder niks te sê nie en wanneer om wel iets te sê is belangrik. Daar is egter nog ander temas ook. Mag jy die Jesuslewe saam met jou groep ontdek wanneer julle saam na 'n wêreld van beter woorde groei.
7 dae
In hierdie praktiese, toeganklike en lekkerlees-dagstukkies is daar elke dag ’n nuwe bruistablet om in afsondering te lees, te absorbeer en toe te pas in jou lewe – om jou innerlik te versterk as mens. Dit is ’n reis na groter egtheid en verdieping as kinders van die Here sodat jy (en ek) meer kan bruis en minder kan brul te midde van ons realiteit en probleme.
29 dae
In hierdie studie gaan ons in God se Woord delf en leer wat Hy sê oor die woorde wat ons teenoor onsself en ander spreek en woorde wat die wêreld verander. Ons sal leer om God en ander te eer met ons woorde. Ons bid dat hierdie studie vir ons diepe insig sal gee oor hoe ons woorde kan spreek wat lewe gee en lewens verander.
Stoor verse, lees vanlyn, kyk na onderrigsnitte, en meer!