Sagaria Sagaria 2

Sagaria 2
Jerusalem word met 'n meetsnoer gemeet
1Ek het weer my oë opgeslaan en gekyk, en daar was 'n man met 'n meetsnoer in sy hand.
2Toe sê ek: Waar gaan jy heen? En hy het vir my gesê: Om Jerusalem te meet, om te sien wat sy breedte en wat sy lengte is.
3En kyk, die engel wat met my gespreek het, het uitgegaan, en 'n ander engel het uitgegaan hom tegemoet,
4En hy sê vir hom: Hardloop, spreek met hierdie jongman en sê: Jerusalem sal bewoon word soos stede sonder mure vir die menigte van mense en vee daarin.
5Want Ek, spreek die HERE, sal vir haar 'n muur van vuur rondom wees en 'n heerlikheid in haar midde.
6Ho, ho, kom uit en vlug uit die land van die noorde, spreek die HERE; want Ek het julle uitgesprei soos die vier windstreke van die hemel, spreek die HERE.
7Red jou, o Sion, wat by die dogter van Babel woon.
8Want so sê die HERE van die leërskare: Na die heerlikheid het Hy My gestuur na die nasies wat julle geplunder het; want wie julle aanraak, raak sy oogappel aan.
9Want kyk, Ek skud my hand oor hulle, en hulle sal 'n buit wees vir hulle dienaars; en julle sal weet dat die HERE van die leërskare My gestuur het.
10Sing en wees bly, o dogter van Sion, want kyk, Ek kom en sal in jou midde woon, spreek die HERE.
11En baie nasies sal in dié dag by die HERE aansluit en vir My 'n volk wees; en Ek sal in jou midde woon, en jy sal weet dat die HERE van die leërskare My na jou toe gestuur het.
12En die HERE sal Juda sy deel in die heilige land erwe en Jerusalem weer uitkies.
13Swyg, o alle vlees, voor die aangesig van die HERE, want Hy is opgewek uit sy heilige woning.

Kleurmerk

Deel

Kopieer

None

Wil jy jou kleurmerke oor al jou toestelle gestoor hê? Teken in of teken aan

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid