Openbaring 2:1-5
Openbaring 2:1-5 CAB23
Skryf aan die engel van die gemeente van Éfese; Dit sê hy wat die sewe sterre in sy regterhand hou, wat tussen die sewe goue kandelaars wandel; Ek ken jou werke en jou arbeid en jou lankmoedigheid, en hoe jy die bose nie kan verdra nie; en jy het die wat sê dat hulle apostels is, en dit nie is, op die proef gestel en hulle leuenaars gevind. En jy het gedra en lankmoedigheid gehad en ter wille van my Naam gearbei en nie beswyk nie. Ek het nogtans iets teen jou, omdat jy jou eerste liefde verlaat het. Onthou dan waarvandaan jy geval het, en bekeer jou en doen die eerste werke; anders sal Ek gou na jou toe kom en jou kandelaar uit sy plek verwyder as jy jou nie bekeer nie.





