Psalms Psalm 135

Psalm 135
Loof die HERE; want die HERE is goed
1Prys die HERE. Prys die Naam van die HERE; loof Hom, o knegte van die HERE!
2Julle wat staan in die huis van die HERE, in die voorhowe van die huis van onse God,
3Loof die HERE; want die HERE is goed; sing tot eer van sy Naam; want dit is aangenaam.
4Want die HERE het Jakob vir Hom uitverkies en Israel as sy eiendom.
5Want ek weet dat die HERE groot is en dat onse HERE bo al die gode is.
6Alles wat die HERE behaag het, dit het Hy gedoen in die hemel en op die aarde, in die see en al die wêreldvloede.
7Hy laat die dampe opgaan van die eindes van die aarde af; hy maak weerlig vir die reën; hy bring die wind uit sy skatkamers.
8Wat die eersgeborenes van Egipte geslaan het, van mense sowel as dier.
9Wat tekens en wonders in jou midde gestuur het, o Egipte, teen Farao en al sy dienaars.
10Wat groot nasies verslaan en magtige konings gedood het;
11Sihon, die koning van die Amoriete, en Og, die koning van Basan, en al die koninkryke van Kanaän;
12en hulle land as 'n erfdeel, 'n erfdeel aan sy volk Israel gegee het.
13U Naam, HERE, is tot in ewigheid; en U gedagtenis, o HERE, van geslag tot geslag.
14Want die HERE sal sy volk oordeel, en Hy sal berou hê oor sy dienaars.
15Die afgode van die heidene is silwer en goud, die werk van mensehande.
16Hulle het monde, maar hulle praat nie; hulle het oë, maar hulle sien nie;
17Hulle het ore, maar hulle hoor nie; en daar is geen asem in hulle monde nie.
18Die wat dit maak, is soos hulle; so is elkeen wat op hulle vertrou.
19Loof die HERE, o huis van Israel, loof die HERE, o huis van Aäron!
20Loof die HERE, o huis van Levi, julle wat die HERE vrees, loof die HERE.
21Geseënd is die HERE uit Sion, wat in Jerusalem woon. Prys die HERE.

Kleurmerk

Deel

Kopieer

None

Wil jy jou kleurmerke oor al jou toestelle gestoor hê? Teken in of teken aan

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid