Psalms Psalm 100

Psalm 100
Gaan in sy poorte in met danksegging en in sy voorhowe met lof
1('n Psalm van lof.)
Maak 'n gejubel tot eer van die HERE, alle lande.
2Dien die HERE met blydskap; kom voor sy aangesig met gejubel.
3Weet julle dat die HERE God is; dit is Hy wat ons gemaak het, en nie ons self nie; ons is sy volk en die skape van sy weide.
4Gaan in sy poorte in met danksegging en in sy voorhowe met lof; wees Hom dankbaar en loof Sy Naam.
5Want die HERE is goed; sy goedertierenheid is ewig; en sy waarheid is van geslag tot geslag.

Kleurmerk

Deel

Kopieer

None

Wil jy jou kleurmerke oor al jou toestelle gestoor hê? Teken in of teken aan

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid