Psalms Psalm 1

Psalm 1
Welgeluksalig is die maan wat in Sy wet oordink hy dag en nag
1Welgeluksalig is die man wat nie wandel in die raad van die goddelose en nie staan op die weg van sondaars en nie sit in die troon van die spotters nie.
2Maar sy behae is in die wet van die HERE; en in sy wet oordink hy dag en nag.
3En hy sal wees soos 'n boom wat by waterstrome geplant is, wat sy vrugte dra op sy tyd; ook sal sy blaar nie verdor nie; en alles wat hy doen, sal voorspoedig wees.
4Die goddelose is nie so nie, maar is soos die kaf wat die wind verdryf.
5Daarom sal die goddelose nie in die oordeel standhou nie, en geen sondaars in die vergadering van die regverdiges nie.
6Want die HERE ken die weg van die regverdiges, maar die weg van die goddelose sal vergaan.

Kleurmerk

Deel

Kopieer

None

Wil jy jou kleurmerke oor al jou toestelle gestoor hê? Teken in of teken aan

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid