Matteus 18:1-5

Matteus 18:1-5 CAB23

In dieselfde tyd het die dissipels na Jesus gekom en gesê: Wie is die grootste in die koninkryk van die hemele? En Jesus het 'n kindjie na hom geroep en hom in hulle midde gesit, en gesê: Voorwaar Ek sê vir julle, as julle nie bekeer word en soos kindertjies word nie, sal julle nie in die koninkryk van die hemele ingaan nie. Elkeen dan wat homself verneder soos hierdie kindjie, hy is die grootste in die koninkryk van die hemele. En elkeen wat so 'n kindjie in my Naam ontvang, ontvang My.

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid