Matteus 12:22-28
Matteus 12:22-28 CAB23
Toe is 'n duiwelsbesete, blind en stom, na Hom gebring; en Hy het hom gesond gemaak, sodat die blinde sowel as die stomme gepraat en gesien het. En die hele volk was verbaas en sê: Is dit nie die seun van Dawid nie? Maar toe die Fariseërs dit hoor, sê hulle: Hierdie man dryf nie duiwels uit nie, maar deur Beëlsebul, die owerste van die duiwels. En Jesus het hulle gedagtes geken en vir hulle gesê: Elke koninkryk wat teen homself verdeeld is, word verwoes; en elke stad of huis wat teen homself verdeeld is, sal nie bestaan nie. En as die Satan die Satan uitdryf, is hy teen homself verdeeld; hoe sal sy koninkryk dan bestaan? En as Ek deur Beëlsebul duiwels uitdryf, deur wie dryf julle kinders hulle uit? daarom sal hulle julle regters wees. Maar as Ek deur die Gees van God duiwels uitdryf, dan het die koninkryk van God na julle gekom.

