En Josua het van Gilgal af opgevaar, hy en al die krygsmanne saam met hom en al die dapper helde. Toe sê die HERE vir Josua: Wees nie bevrees vir hulle nie, want Ek het hulle in jou hand gegee; daar mag geen man van hulle voor jou staan nie. Josua het dan skielik na hulle gekom en die hele nag van Gilgal af opgetrek. En die HERE het hulle voor Israel in beroering gebring en hulle by Gíbeon met 'n groot slagting verslaan en hulle agtervolg op die pad wat opgaan na Bet-Horon, en hulle verslaan tot by Aséka en tot by Makkeda. En terwyl hulle voor Israel uit vlug en op pad was na Bet-horon, het die HERE groot klippe uit die hemel op hulle neergegooi na Aséka toe, en hulle het gesterwe; die kinders van Israel het met die swaard gedood. Toe het Josua met die HERE gespreek op die dag toe die HERE die Amoriete aan die kinders van Israel oorgegee het, en hy het voor die oë van Israel gesê: Son, staan stil op Gíbeon; en jy, maan, in die dal Ajalon. En die son het stilgestaan, en die maan het gebly totdat die volk hulle op hulle vyande gewreek het. Is dit nie in die boek Jasher geskrywe nie? En die son het stilgestaan in die middel van die hemel en het hom omtrent 'n hele dag nie gehaas om onder te gaan nie. En daar was geen dag soos dié voor hom of daarna dat die HERE na die stem van 'n man geluister het nie; want die HERE het vir Israel geveg.
Lees Josua 10
Deel
Vergelyk alle weergawes: Josua 10:7-14
10 Days
For anyone who wants to make room for God but hates fasting, I have just the thing for you—a 10-day reading plan based on the book, Fast Like Daniel! The Daniel Fast CHANGED MY LIFE, and I’ve watched everyone who has really engaged in this fast receive something great from God! Get ready to plug into Him and watch God create life change!
21 Days
I don't like fasting! Let's be honest; there's nothing fun about denying yourself the foods you love and the comfortable lifestyle you enjoy. I may not like fasting, but I love the results. The Daniel Fast has CHANGED MY LIFE! If you commit to the fast and follow this plan, it's going to change yours too. Let's make room for God on this incredible journey as we Fast Like Daniel.
Stoor verse, lees vanlyn, kyk na onderrigsnitte, en meer!
Tuisblad
Bybel
Leesplanne
Video's