Josua 1:6-9
Josua 1:6-9 CAB23
Wees sterk en vol moed, want aan hierdie volk moet jy die land wat Ek aan hulle vaders met 'n eed beloof het om aan hulle te gee, as erfdeel uitdeel. Wees net sterk en baie dapper, dat jy sorgvuldig kan handel volgens die hele wet wat Moses, my kneg, jou beveel het: draai nie daarvan af na regs of links nie, sodat jy voorspoedig kan wees oral waar jy gaan. Hierdie wetboek mag nie uit jou mond wyk nie; maar jy moet dit dag en nag oordink, dat jy sorgvuldig kan handel volgens alles wat daarin geskrywe is; Het ek jou nie beveel nie? Wees sterk en hou goeie moed; wees nie bevrees en wees nie verskrik nie, want die HERE jou God is met jou oral waar jy gaan.





