Johannes 14:1-10

Johannes 14:1-10 CAB23

Laat julle hart nie ontsteld word nie; glo in God, glo ook in My. In die huis van my Vader is baie wonings; as dit nie so was nie, sou Ek dit vir julle gesê het. Ek gaan om vir jou plek voor te berei. En as Ek gaan en vir julle plek gereed maak, sal Ek terugkom en julle vir My aanneem; sodat waar Ek is, daar ook julle kan wees. En waarheen Ek gaan, weet julle, en die weg ken julle. Tomas sê vir Hom: Here, ons weet nie waar U gaan nie; en hoe kan ons die weg ken? Jesus sê vir hom: Ek is die weg en die waarheid en die lewe; niemand kom na die Vader behalwe deur My nie. As julle My geken het, sou julle my Vader ook geken het; en van nou af ken julle Hom en het julle Hom gesien. Filippus sê vir Hom: Here, toon ons die Vader, en dit is vir ons genoeg. Jesus sê vir hom: Is Ek so lank by jou, en ken jy My nie, Filippus? wie My gesien het, het die Vader gesien; en hoe sê jy dan: Toon ons die Vader? Glo jy nie dat Ek in die Vader is en die Vader in My nie? die woorde wat Ek tot julle spreek, spreek Ek nie uit Myself nie; maar die Vader wat in My bly, Hy doen die werke.