Jakobus 1:3-5
Jakobus 1:3-5 CAB23
Julle weet dit, dat die beproewing van julle geloof lydsaamheid bewerk. Maar laat die geduld sy volmaakte werk hê, sodat julle volmaak en volkome kan wees en niks kortkom nie. As iemand van julle wysheid kortkom, laat hom dit van God bid, wat aan almal eenvoudig gee sonder om te verwyt; en dit sal aan hom gegee word.







