2 Timoteus 1:9-11

2 Timoteus 1:9-11 CAB23

wat ons gered het en ons geroep het met 'n heilige roeping, nie volgens ons werke nie, maar volgens sy eie voorneme en genade wat ons in Christus Jesus gegee is voordat die wêreld begin het, Maar dit word nou geopenbaar deur die verskyning van ons Verlosser, Jesus Christus, wat die dood tot niet gemaak het en lewe en onsterflikheid aan die lig gebring het deur die evangelie. Waartoe ek aangestel is as 'n prediker en 'n apostel en 'n leraar van die heidene.