2 Samuel 2 Samuel 9

2 Samuel 9
Dawid bewys guns aan Mefiboset
1Toe sê Dawid: Is daar nog iemand oor van die huis van Saul, dat ek aan hom guns kan bewys ter wille van Jónatan?
2En daar was uit die huis van Saul 'n dienaar met die naam van Siba. En toe hulle hom na Dawid roep, sê die koning vir hom: Is jy Siba? En hy sê: Dit is u dienaar.
3Toe sê die koning: Is daar nog nie iemand uit die huis van Saul, dat ek die goedertierenheid van God aan hom kan bewys nie? Toe sê Siba aan die koning: Jónatan het nog 'n seun wat kreupel is op sy voete.
4Toe sê die koning vir hom: Waar is hy? Toe sê Siba aan die koning: Kyk, hy is in die huis van Magir, die seun van Ammiël, in Lodebar.
5Toe het koning Dawid gestuur en hom uit die huis van Magir, die seun van Ammiël, uit Lodebar gaan haal.
6Toe Mefiboset, die seun van Jónatan, die seun van Saul, by Dawid kom, het hy op sy aangesig geval en eerbied gehad. En Dawid sê: Mefiboset! En hy antwoord: Daar is u dienaar!
7Toe sê Dawid vir hom: Moenie bevrees wees nie, want ek sal sekerlik guns aan jou bewys ter wille van jou vader Jónatan en jou die hele land van jou vader Saul teruggee; en jy moet gedurigdeur aan my tafel brood eet.
8En hy het gebuig en gesê: Wat is u dienaar, dat u so 'n dooie hond soos ek sou aansien?
9Toe roep die koning Siba, die dienaar van Saul, en sê vir hom: Ek het aan jou heer se seun alles gegee wat aan Saul en sy hele huis behoort het.
10Daarom moet jy en jou seuns en jou dienaars die land vir hom bewerk, en jy moet die vrugte inbring, sodat die seun van jou heer voedsel kan hê om te eet; maar Mefiboset, die seun van jou heer, sal altyd aan my tafel brood eet. En Siba het vyftien seuns en twintig dienaars gehad.
11Toe sê Siba vir die koning: Net soos my heer die koning sy dienaar beveel het, so moet u dienaar doen. Wat Mefiboset betref, sê die koning, hy sal aan my tafel eet soos een van die koning se seuns.
12En Mefiboset het 'n jong seun gehad met die naam van Miga. En almal wat in die huis van Siba gewoon het, was Mefiboset se dienaars.
13En Mefiboset het in Jerusalem gewoon, want hy het gedurigdeur aan die tafel van die koning geëet; en was lam aan albei sy voete.

Kleurmerk

Deel

Kopieer

None

Wil jy jou kleurmerke oor al jou toestelle gestoor hê? Teken in of teken aan

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid