1 Johannes 4:1-10

1 Johannes 4:1-10 CAB23

Geliefdes, glo nie elke gees nie, maar toets die geeste of hulle uit God is, want baie valse profete het in die wêreld uitgegaan. Hieraan ken julle die Gees van God: Elke gees wat bely dat Jesus Christus in die vlees gekom het, is uit God. En elke gees wat nie bely dat Jesus Christus in die vlees gekom het nie, is nie uit God nie; en dit is die gees van die antichris waarvan julle gehoor het dat hy sou kom; en selfs nou al is dit in die wêreld. Julle is uit God, my kinders, en het hulle oorwin, want Hy wat in julle is, is groter as Hy wat in die wêreld is. Hulle is van die wêreld; daarom spreek hulle van die wêreld, en die wêreld luister na hulle. Ons is uit God; wie God ken, luister na ons; wie nie uit God is nie, luister nie na ons nie. Hieraan ken ons die gees van waarheid en die gees van dwaling. Geliefdes, laat ons mekaar liefhê, want liefde is uit God; en elkeen wat liefhet, is uit God gebore en ken God. Hy wat nie liefhet nie, ken God nie; want God is liefde. Hierin is die liefde van God tot ons geopenbaar, omdat God sy eniggebore Seun na die wêreld gestuur het, sodat ons deur Hom kan lewe. Hierin is die liefde, nie dat ons God liefgehad het nie, maar dat Hy ons liefgehad het en sy Seun gestuur het as 'n versoening vir ons sondes.

Video vir 1 Johannes 4:1-10

Versbeeld vir 1 Johannes 4:1-10

1 Johannes 1 Johannes 4:1-10 - Geliefdes, glo nie elke gees nie, maar toets die geeste of hulle uit God is, want baie valse profete het in die wêreld uitgegaan.
Hieraan ken julle die Gees van God: Elke gees wat bely dat Jesus Christus in die vlees gekom het, is uit God.
En elke gees wat nie bely dat Jesus Christus in die vlees gekom het nie, is nie uit God nie; en dit is die gees van die antichris waarvan julle gehoor het dat hy sou kom; en selfs nou al is dit in die wêreld.
Julle is uit God, my kinders, en het hulle oorwin, want Hy wat in julle is, is groter as Hy wat in die wêreld is.
Hulle is van die wêreld; daarom spreek hulle van die wêreld, en die wêreld luister na hulle.
Ons is uit God; wie God ken, luister na ons; wie nie uit God is nie, luister nie na ons nie. Hieraan ken ons die gees van waarheid en die gees van dwaling.

Geliefdes, laat ons mekaar liefhê, want liefde is uit God; en elkeen wat liefhet, is uit God gebore en ken God.
Hy wat nie liefhet nie, ken God nie; want God is liefde.
Hierin is die liefde van God tot ons geopenbaar, omdat God sy eniggebore Seun na die wêreld gestuur het, sodat ons deur Hom kan lewe.
Hierin is die liefde, nie dat ons God liefgehad het nie, maar dat Hy ons liefgehad het en sy Seun gestuur het as 'n versoening vir ons sondes.