1 Kronieke 27:1-15

1 Kronieke 27:1-15 CAB23

En die kinders van Israel volgens hulle getal, naamlik die familiehoofde en die owerstes oor duisend en honderd, en hulle opsigters wat die koning gedien het in enige afdeling van die afdelings, wat maand vir maand in- en uitgetrek het in al die maande van die jaar, van elke afdeling was vier en twintig duisend. Oor die eerste afdeling vir die eerste maand was Jasobam, die seun van Sabdiël, en in sy afdeling was vier en twintig duisend. Van die kinders van Peres was die owerste van al die leërowerstes vir die eerste maand. En in die loop van die tweede maand was Dodai 'n Ahohiet, en van sy afdeling was ook die owerste Miklot; in sy afdeling was ook vier en twintig duisend. Die derde leërowerste vir die derde maand was Benaja, die seun van Jójada, 'n owerpriester; en in sy afdeling was vier en twintig duisend. Dit is daardie Benaja, wat magtig was onder die dertig en meer as die dertig; en in sy afdeling was sy seun Ammísabad. Die vierde owerste vir die vierde maand was Asahel, die broer van Joab, en sy seun Sebadja ná hom; en in sy afdeling was vier en twintig duisend. Die vyfde owerste vir die vyfde maand was Samhut, die Jisrahiet, en in sy afdeling was vier en twintig duisend. Die sesde owerste vir die sesde maand was Ira, die seun van Ikkes, die Tekoïet; en in sy afdeling was vier en twintig duisend. Die sewende owerste vir die sewende maand was Heles, die Peloniet, van die kinders van Efraim; en in sy afdeling was vier en twintig duisend. Die agtste owerste vir die agtste maand was Sibbegai, die Husatiet, van die Sargiete; en in sy afdeling was vier en twintig duisend. Die negende owerste vir die negende maand was Abiëser, die Anetotiet, van die Benjaminiete; en in sy afdeling was vier en twintig duisend. Die tiende owerste vir die tiende maand was Maharai, die Netofatiet, van die Sargiete; en in sy afdeling was vier en twintig duisend. Die elfde owerste vir die elfde maand was Benaja, die Piratoniet, van die kinders van Efraim; en in sy afdeling was vier en twintig duisend. Die twaalfde owerste vir die twaalfde maand was Heldai, die Netofatiet, van Otniël; en in sy afdeling was vier en twintig duisend.

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid