1 Kronieke 1 Kronieke 26

1 Kronieke 26
1Wat die afdelings van die poortwagters betref: Van die Korgiete was Meselemja, die seun van Kore, uit die seuns van Asaf.
2En die seuns van Meselemja was: Sagaria, die eersgeborene, Jedíael, die tweede, Sebadja, die derde, Jatniël, die vierde,
3Elam die vyfde, Johanan die sesde, Eljoënai die sewende.
4Verder was die seuns van Obed-dom: Semaja, die eersgeborene, Josabad, die tweede, Joag, die derde, en Sakar, die vierde, en Netáneël, die vyfde,
5Ammiël die sesde, Issaskar die sewende, Peultai die agtste; want God het hom geseën.
6Ook vir sy seun Semája is seuns gebore wat regeer in die hele huis van hulle vader, want hulle was dapper helde.
7Die seuns van Semája; Otni en Refael en Obed, Elsabad, wie se broers sterk manne was, Elihu en Semágja.
8Al hierdie kinders van Obed-Edom: hulle en hulle seuns en hulle broers, bekwame manne vir die diens, was twee en sestig uit Obed-Edom.
9En Meselemia het seuns en broers gehad, sterk manne, agtien.
10Ook Hosa, uit die kinders van Merári, het seuns gehad; Simri, die hoof, (want al was hy nie die eersgeborene nie, het sy vader hom tog die hoof aangestel;)
11Hilkía die tweede, Tebalja die derde, Sagaria die vierde; al die seuns en broers van Hosa was dertien.
12Onder hulle was die afdelings van die poortwagters, onder die owerstes, wat wagte teen mekaar gehad het om in die huis van die HERE te dien.
13En hulle het die lot gewerp, klein sowel as groot, volgens die huis van hulle vaders, vir elke poort.
14En die lot oos het op Selemia geval. Toe het hulle oor sy seun Sagaria, 'n wyse raadgewer, die lot gewerp; en sy lot het noordwaarts uitgekom.
15Na Obed-Edom suidwaarts; en vir sy seuns die huis van Asuppim.
16Vir Suppim en Hosa het die lot uitgekom weswaarts, met die poort Salleget, by die opgangpad, wyk teen wyk.
17Teen die ooste was ses Leviete, noordwaarts vier per dag, suidwaarts vier per dag, en na Asuppim twee en twee.
18By Parbar weswaarts, vier by die hoofweg en twee by Parbar.
19Dit is die afdelings van die poortwagters onder die seuns van Kore en onder die seuns van Merári.
20En van die Leviete was Ahía oor die skatte van die huis van God en oor die skatte van die gewyde dinge.
21Wat die seuns van Laadan betref; die seuns van die Gersoniet Laadan, familiehoofde, van Laadan, die Gersoniet, was Jehieli.
22Die seuns van Jehieli; Setam en Joël, sy broer, wat oor die skatte van die huis van die HERE was.
23Van die Amramiete en Jishariete, Hebroniete en Ussieliete:
24En Sebuel, die seun van Gersom, die seun van Moses, was owerste oor die skatte.
25En sy broers by Eliëser; sy seun Rehabja, en sy seun Jesaja, en sy seun Joram, en sy seun Sigri en sy seun Selomit.
26Wat Selomit en sy broers was oor al die skatte van die gewyde dinge wat koning Dawid en die familiehoofde, die owerstes oor duisend en honderde en die leërowerstes geheilig het.
27Uit die buit wat in gevegte gewen is, het hulle gewy om die huis van die HERE te onderhou.
28En alles wat Samuel, die siener, en Saul, die seun van Kis, en Abner, die seun van Ner, en Joab, die seun van Serúja, geheilig het; en elkeen wat iets geheilig het, dit was onder die hand van Selomit en van sy broers.
29Van die Jishariete was Kenánja en sy seuns vir die uiterlike sake oor Israel, vir beamptes en regters.
30En van die Hebroniete, Hasabja en sy broers, dapper manne, duisend-en-sewehonderd, was beamptes onder hulle van Israel aan die ander kant van die Jordaan, weswaarts, in al die werk van die HERE en in die diens van die koning.
31Onder die Hebroniete was Jerija, die owerste, onder die Hebroniete, volgens die geslagte van sy vaders. In die veertigste jaar van die regering van Dawid is daar na hulle gesoek, en dapper helde is onder hulle gevind by Jaser in Gílead.
32En sy broers, dapper manne, was tweeduisend-en-sewehonderd familiehoofde, wat koning Dawid aangestel het oor die Rubeniete, die Gadiete en die halwe stam van Manasse, vir elke saak van God en sake van die koning.

Kleurmerk

Deel

Kopieer

None

Wil jy jou kleurmerke oor al jou toestelle gestoor hê? Teken in of teken aan

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid