Die vier lewende wesens het elkeen ses vlerke, wat reg rondom en aan die binnekant vol oë is. Sonder om te rus, herhaal hulle dag en nag: “Heilig, heilig, heilig is die Here God, die Almagtige, Hy wat was en wat is en wat kom. ” En telkens wanneer die lewende wesens heerlikheid en eer en dank bring aan Hom wat op die troon sit, aan Hom wat vir ewig en ewig leef, val die vier-en-twintig ouderlinge in aanbidding neer voor Hom wat op die troon sit. Hulle aanbid Hom wat vir ewig en ewig leef, en sit dan hulle krone voor die troon neer, terwyl hulle sê: “U is waardig, ons Here en God, om die heerlikheid en die eer en die krag te ontvang, omdat U alle dinge geskep het; deur u wil het alles ontstaan, is dit geskep.”
Lees Openbaring 4
Deel
Vergelyk alle weergawes: Openbaring 4:8-11
8 Days
God is mysterious, eternal, immortal, invisible, the only God. Our lives, however, can become mundane, tedious, and cold. This 8-day study will renew your reverent awe toward our Creator, and inspire your worship to become more profound, spontaneous, and authentic. Explore the wonder of the nature of God, and learn why He deserves our unabashed worship and adoration! This plan is written by Amy Groeschel, and is a part of her SOAR with God study. To continue this Free SOAR Bible study go to www.SoarwithGod.com.
28 Dae
Delf dieper deur Jesus se Openbaring aan Johannes. Elke dag bied opeenvolgende gedeeltes uit Openbaring met insiggewende kommentaar op hierdie kragtige visioene wat steeds relevant is vir vandag. Jesus se boodskap is duidelik: “Ek kom gou!” Die seëls is gebreek, die trompette blaas, en die bakke van God se verlossende oordeel word uitgegiet. Openbaring trek die gordyn oop vir ’n geestelike werklikheid waarin gelowiges geroep word om getrou te volhard as koninkryk van priesters vir God, ten spyte van die bose aanslag op hulle lojaliteit.
Stoor verse, lees vanlyn, kyk na onderrigsnitte, en meer!
Tuisblad
Bybel
Leesplanne
Video's