Psalms 115

115
1 Nie aan ons nie, Here,
nie aan ons nie,
maar aan u Naam kom die eer toe,
oor u troue liefde,
oor u bestendigheid.
2Waarom sê die nasies:
“Waar is hulle God dan?”
3Ons God is in die hemel;
alles wat Hom behaag, doen Hy.
4 Hulle afgode is silwer en goud,
die werk van mensehande.
5Hulle het monde,
maar kan nie praat nie,
oë, maar kan nie sien nie.
6Hulle het ore, maar kan nie hoor nie,
neuse, maar kan nie ruik nie,
7hande, maar kan nie aanraak nie,
voete, maar kan nie loop nie;
met hulle kele maak hulle
geen geluid nie.
8Hulle makers sal net soos
hulle word –
elkeen wat op hulle vertrou.
9Israel, vertrou op die Here!
Hy is hulle hulp en hulle skild.
10Huis van Aäron,
vertrou op die Here!
Hy is hulle hulp en hulle skild.
11Julle wat vir die Here ontsag het,
vertrou op die Here!
Hy is hulle hulp en hulle skild.
12Die Here dink aan ons.
Hy sal seën:
Hy sal die huis van Israel seën;
Hy sal die huis van Aäron seën;
13 Hy sal hulle wat vir
die Here ontsag het, seën –
die kleintjies saam met die grotes.
14Mag die Here julle meer maak,
julle en julle kinders.
15Mag julle geseën word deur die Here
wat hemel en aarde gemaak het.
16Die hemel is die Here se hemel,
maar die aarde het Hy
vir mensekinders gegee.
17Die dooies sal die Here nie loof nie,
nie enige van hulle
wat na die stilte afdaal nie.
18Maar ons, ons sal die Here prys,
nou en vir altyd.
Halleluja!

Tans Gekies:

Psalms 115: AFR20

Kleurmerk

Deel

Kopieer

None

Wil jy jou kleurmerke oor al jou toestelle gestoor hê? Teken in of teken aan

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid