Spreuke 3:1-3

Spreuke 3:1-3 AFR20

My seun, my onderrig moet jy nie vergeet nie, en my gebooie – jou hart moet daarby hou; want die lengte van jou leeftyd, die lewensjare en vrede sal dan vir jou vermeerder word. Troue liefde en waarheid moet jou nooit verlaat nie. Bind dit om jou nek, skryf dit op die tafel van jou hart