Numeri 1:20-43

Numeri 1:20-43 AFR20

Die nageslag van Ruben, eersgeborene van Israel, hulle familieregister volgens hulle familiegroepe, volgens hulle families, met volle name, kop vir kop, elke manlike persoon van twintig jaar en ouer, elke weerbare man was: 46 500 wat ingeskryf is vir die stam van Ruben. Die nageslag van Simeon, hulle familieregister volgens hulle familiegroepe, volgens hulle families, wat ingeskryf is met volle name, kop vir kop, elke manlike persoon van twintig jaar en ouer, elke weerbare man: 59 300 wat ingeskryf is vir die stam van Simeon. Die nageslag van Gad, hulle familieregister volgens hulle familiegroepe, volgens hulle families, met volle name, elke weerbare man van twintig jaar en ouer: 45 650 wat ingeskryf is vir die stam van Gad. Die nageslag van Juda, hulle familieregister volgens hulle familiegroepe, volgens hulle families, met volle name, elke weerbare man van twintig jaar en ouer: 74 600 wat ingeskryf is vir die stam van Juda. Die nageslag van Issaskar, hulle familieregister volgens hulle familiegroepe, volgens hulle families, met volle name, elke weerbare man van twintig jaar en ouer: 54 400 wat ingeskryf is vir die stam van Issaskar. Die nageslag van Sebulon, hulle familieregister volgens hulle familiegroepe, volgens hulle families, met volle name, elke weerbare man van twintig jaar en ouer: 57 400 wat ingeskryf is vir die stam van Sebulon. Die nageslag van Josef: Die nageslag van Efraim, hulle familieregister volgens hulle familiegroepe, volgens hulle families, met volle name, elke weerbare man van twintig jaar en ouer: 40 500 wat ingeskryf is vir die stam van Efraim. Die nageslag van Manasse, hulle familieregister volgens hulle familiegroepe, volgens hulle families, met volle name, elke weerbare man van twintig jaar en ouer: 32 200 wat ingeskryf is vir die stam van Manasse. Die nageslag van Benjamin, hulle familieregister volgens hulle familiegroepe, volgens hulle families, met volle name, elke weerbare man van twintig jaar en ouer: 35 400 wat ingeskryf is vir die stam van Benjamin. Die nageslag van Dan, hulle familieregister volgens hulle familiegroepe, volgens hulle families, met volle name, elke weerbare man van twintig jaar en ouer: 62 700 wat ingeskryf is vir die stam van Dan. Die nageslag van Aser, hulle familieregister volgens hulle familiegroepe, volgens hulle families, met volle name, elke weerbare man van twintig jaar en ouer: 41 500 wat ingeskryf is vir die stam van Aser. Die nageslag van Naftali, hulle familieregister volgens hulle familiegroepe, volgens hulle families, met volle name, elke weerbare man van twintig jaar en ouer: 53 400 wat ingeskryf is vir die stam van Naftali.

Gratis leesplanne en oordenkings oor Numeri 1:20-43

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid