Matteus 9:9-13

Matteus 9:9-13 AFR20

Toe Jesus van daar af verder gaan, sien Hy 'n man met die naam Matteus by die tolhuis sit en sê vir hom: “Volg My!” En hy het opgestaan en Hom gevolg. Toe Hy in die huis vir ete aanleun, het daar onverwags ook baie •tollenaars en sondaars opgedaag en saam met Jesus en sy dissipels vir ete aangeleun. Die •Fariseërs het dit gesien en vir sy dissipels gevra: “Waarom eet julle leermeester saam met tollenaars en sondaars?” Toe Jesus dit hoor, het Hy gesê: “Gesonde mense het nie 'n dokter nodig nie, maar wel die siekes. Gaan leer wat beteken, ‘Ek wil barmhartigheid hê en nie offerande nie.’ Ek het immers nie gekom om •regverdiges te roep nie, maar sondaars.”

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid