Matteus 4:18-20

Matteus 4:18-20 AFR20

Terwyl Jesus langs die See van Galilea loop, het Hy twee broers gesien, Simon, wat •Petrus genoem word, en Andreas, sy broer. Hulle was besig om 'n treknet in die see uit te gooi, want hulle was vissers. Hy sê vir hulle: “Volg My, en Ek sal julle vissers van mense maak!” Hulle het onmiddellik hulle nette gelos en Hom gevolg.