Matteus 22:41-46

Matteus 22:41-46 AFR20

Toe die •Fariseërs bymekaar was, het Jesus hulle gevra: “Wat sê julle van die Christus? Wie se Seun is Hy?” Hulle antwoord Hom: “Dawid s'n.” Hy vra hulle toe: “Hoe kan Dawid Hom dan, deur die werking van die Gees, ‘Here’ noem, as hy sê, “ ‘Die Here het vir my Here gesê: Sit aan my regterhand, totdat Ek jou vyande onder jou voete geplaas het’? “As Dawid Hom dan ‘Here’ noem, hoe kan Hy sy Seun wees?” Niemand kon Hom 'n woord antwoord nie; en van daardie dag af het niemand ooit weer gewaag om Hom te ondervra nie.

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid