Lukas 6:46-49

Lukas 6:46-49 AFR20

“ Waarom noem julle My ‘Here, Here!’ maar julle doen nie wat Ek sê nie? “Elkeen wat na My toe kom en my woorde hoor en daarvolgens handel – Ek sal vir julle verduidelik soos wie hy is: Hy is soos 'n man wat besig was om 'n huis te bou. Hy het gespit en diep gegrawe, en die fondament op die rots gelê. Toe daar 'n oorstroming kom en die vloedwater die huis tref, kon dit die huis nie laat ineenstort nie, omdat dit goed gebou was. “Maar wie hoor en nie doen nie, is soos 'n man wat 'n huis sonder 'n fondament op die grond bou. As die vloedwaters dit tref, stort dit onmiddellik ineen. Die verwoesting van daardie huis was geweldig.”

Gratis leesplanne en oordenkings oor Lukas 6:46-49

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid