Lukas 23:8-9

Lukas 23:8-9 AFR20

Toe Herodes Jesus sien, was hy baie bly, want hy wou Hom al 'n geruime tyd te siene kry, omdat hy van Hom gehoor het en gehoop het om een of ander teken te sien wat deur Hom gedoen word. Hy het Hom uitvoerig ondervra, maar Jesus het hom glad nie geantwoord nie.