Lukas 1:1-4

Lukas 1:1-4 AFR20

Baie mense het reeds hulle hand daaraan gewaag om 'n verhaal saam te stel oor dit wat onder ons tot vervulling gekom het, soos die mense wat van die begin af ooggetuies en dienaars van die Woord was, dit aan ons oorgelewer het. Daarom, geagte Teofilus, het ook ek dit goedgedink om self alles stap vir stap van voor af noukeurig te ondersoek en dit in volgorde vir u neer te skryf, sodat u vir seker kan weet dat die onderrig wat u oor hierdie gebeure ontvang het, betroubaar is.

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid