Moses het hom keelaf gesny, van die bloed geneem en dit aan Aäron se regteroorlel, die duim van sy regterhand en die groottoon van sy regtervoet gesmeer. Moses het die seuns van Aäron ook laat nader kom en van die bloed aan hulle regteroorlelle, hulle regterduime en regtergroottone gesmeer. Daarna het Moses die bloed reg rondom teen die altaar gesprinkel. Hy het die vet geneem: die vetstert en al die vet wat aan die binnegoed is, asook die lob van die lewer, die twee niere met hulle vet en die regterboud.
Lees Levitikus 8
Deel
Vergelyk alle weergawes: Levitikus 8:23-25
7 dae
Vir die afgelope 49 jaar skryf ds. Kobus van der Westhuysen al die Hart tot hart-rubriek vir Landbouweekblad. Ds. van der Westhuysen skryf in gewone taal vir gewone mense. Hy verstaan die hart van ’n boer en weet dat boere uitgelewer is aan die nukke en grille van die natuur waaroor hulle geen beheer het nie.
30 dae
Reis "deur die Bybel" op kort reise terwyl jy 'n woord van God lees en leer, begin hier in die boek LevitikusHoe moet ons 'n heilige God nader? In aanbidding, opoffering en eerbied beantwoord Levitikus daardie vraag vir antieke Israel. Reis daagliks deur Levitikus terwyl jy na die oudiostudie luister en uitgesoekte verse uit God se woord lees.
Stoor verse, lees vanlyn, kyk na onderrigsnitte, en meer!
Tuisblad
Bybel
Leesplanne
Video's