Josua 4:6-7

Josua 4:6-7 AFR20

sodat dit kan dien as 'n teken onder julle. Wanneer julle kinders in die toekoms vra, ‘Wat beteken hierdie klippe vir julle?’ moet julle vir hulle sê dat die water van die Jordaan afgesny was voor die verbondsark van die HERE. Sê vir hulle, ‘Toe die ark deur die Jordaan moes gaan, is die water van die Jordaan afgesny; en hierdie klippe dien vir altyd as 'n herinnering aan die Israeliete.’ ”