Josua 4:4-7

Josua 4:4-7 AFR20

Josua het die twaalf manne wat hy uit die Israeliete aangewys het, een uit elke stam, ontbied. Josua het vir hulle gesê: “Gaan voor die ark van die HERE julle God uit tot in die middel van die Jordaan, en tel elkeen dan self 'n klip op sy skouer, net soveel as die stamme van die Israeliete, sodat dit kan dien as 'n teken onder julle. Wanneer julle kinders in die toekoms vra, ‘Wat beteken hierdie klippe vir julle?’ moet julle vir hulle sê dat die water van die Jordaan afgesny was voor die verbondsark van die HERE. Sê vir hulle, ‘Toe die ark deur die Jordaan moes gaan, is die water van die Jordaan afgesny; en hierdie klippe dien vir altyd as 'n herinnering aan die Israeliete.’ ”

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid