Gratis leesplanne en oordenkings oor JOSUA 4:4

Onthou Alles Wat God Gedoen Het
5 Dae
Dit is vir ons 'n natuurlike neiging om na die toekoms te kyk, maar ons moet nooit van die verlede vergeet nie. Hierdie plan is geskep om jou oor 'n periode van vyf dae te herinner aan alles wat God gedoen het om jou die persoon te maak wie jy vandag is. Elke dag sal jy 'n Bybelgedeelte en 'n kort oordenking kry om die sleutelgebeurtenisse op jou reis met Christus te help onthou. Vir meer inhoud, gaan kyk by finds.life.church

Anderkant die Duisternis
7 Dae
Jy kan rou smart nie soos ’n been spalk of salf daaraan smeer nie. God se genesende sorg is egter tot jou beskikking. Kom saam met Clarissa Moll op ’n reis deur jou hartseer – en ontdek die liefdevolle teenwoordigheid van Christus wat jou nooit verlaat nie. Hoewel hierdie leesplan nie jou diepste smart kan genees nie, sal die inhoud jou versterk en jou gefokus hou terwyl jy deur jou verlies werk.

Ons Daaglikse Brood - Bybelse Grondbeginsels
12 Dae
Is jy nuuskierig oor die Bybel? Is enigiets hiervan nog vir vandag toepaslik? Die Bybelse Grondbeginsels Leesplan bied jou 'n oorsig oor die Bybel en sal demonstreer hoe die Ou- en Nuwe Testament se boeke bymekaar inskakel. Jy sal geestelike insigte ontdek wat vandag tot jou hart sal spreek en jy sal verstaan hoekom die Bybel 'n blywende en invloedryke boek is. Begin vandag — dis net twaalf, 5-minuut oordenkings met daaglikse Bybelleesstukke.