Josua en die hele Israel saam met hom, het omgedraai na Debir en teen die stad oorlog gevoer. Hy het dit met al sy dorpies ingeneem. Die koning het hy gevange geneem. Hy het hulle met die skerpte van die swaard verslaan, elke persoon daarin met die banvloek getref en niemand laat vrykom nie. Soos hy met Hebron gemaak het, so het hy ook met Debir en sy koning gemaak, net soos hy met Libna en sy koning gemaak het. Josua het die hele land verslaan, die bergland, die Negev, die Sjefela en die berghange met al hulle konings. Hy het niemand laat vrykom nie. Alle mense het hy met die banvloek getref, soos die HERE, die God van Israel, beveel het. Josua het hulle verslaan van Kades-Barnea tot by Gasa. Die hele Gosenstreek tot by Gibeon – al hierdie konings en hulle land het Josua met een veldtog verower, want die HERE, die God van Israel, het vir Israel geveg. Josua en die hele Israel saam met hom, het teruggekeer na die kamp by Gilgal.
Lees Josua 10
Deel
Vergelyk alle weergawes: Josua 10:38-43
Stoor verse, lees vanlyn, kyk na onderrigsnitte, en meer!
Tuisblad
Bybel
Leesplanne
Video's