Jona 2:1-9

Jona 2:1-9 AFR20

Jona het uit die vis se maag tot die HERE sy God gebid. Hy het gesê: “In my nood het ek na die HERE geroep, en Hy het my geantwoord. Uit die ingewande van die •doderyk het ek om hulp geroep, en U het my stem gehoor. U het my in die diepte gegooi, in die hart van die oseane. Seestrome het my omring, al u golwe en branders het oor my gespoel. “ Ek self het gedink, ek is weggewerp, onder u oë uit. Maar ek sal weer u •heilige •tempel sien! Water het my tot aan my keel omsluit, •oerwater het my omring; seewier het my kop omstrengel. Na die basis van die berge het ek afgesak; die aarde – haar sluitbalke was vir altyd toe agter my. “Maar tog het U my lewe uit die grafkuil opgetrek, HERE my God! Terwyl die lewe uit my vloei, het ek net aan die HERE gedink. My gebed het U in u heilige tempel bereik. “ Wie nuttelose afgode dien, versaak hulle trou aan die verbond. Maar ek, met 'n danklied wil ek aan U 'n offer bring, wat ek beloof het, sal ek betaal. Dit is die HERE wat redding bring.”

Gratis leesplanne en oordenkings oor Jona 2:1-9

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid