Job 42:1-6

Job 42:1-6 AFR20

Job het die HERE geantwoord; hy het gesê: “ Ek weet dat U alles kan vermag, dat geen plan vir U onuitvoerbaar is nie. Wie is die een wat 'n plan verberg, terwyl hy geen kennis het nie? Daarom het ek, sonder begrip, ja, sonder kennis, my mening gegee oor dinge wat vir my te wonderbaar is. Luister, en ek sal praat! U het gesê, ‘Ek sal jou ondervra, lig jy My dan in!’ Op hoorsê het ek van U verneem, maar nou het my oog U gesien. Daarom herroep ek dit, en het ek berou – in stof en as.”

Gratis leesplanne en oordenkings oor Job 42:1-6

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid