Jesus het geweet dat die Vader alles in sy hande gegee het, en dat Hy van God gekom het en weer na God terugkeer. Daarom het Hy van die ete opgestaan, sy boklere uitgetrek, 'n linnedoek geneem en dit om Hom vasgebind. Toe gooi Hy water in die waskom en begin om die voete van die dissipels te was en dit met die linnedoek wat om Hom gebind was, af te droog. Toe Hy by Simon •Petrus kom, sê dié vir Hom: “Here, gaan U my voete was?” Jesus het hom geantwoord: “Wat Ek doen, verstaan jy nie nou nie, maar hierna sal jy verstaan. ” Petrus sê toe vir Hom: “U sal beslis nie my voete was nie – tot in ewigheid nie!” Jesus het hom geantwoord: “As Ek jou nie was nie, het jy nie deel aan My nie.” Toe sê Simon Petrus vir Hom: “Here, dan nie net my voete nie, maar ook my hande en my kop.” Maar Jesus sê vir hom: “Iemand wat gebad is, het nie nodig dat iets anders as sy voete gewas word nie, omdat hy reeds heeltemal skoon is. En julle is skoon, maar nie almal nie.” Want Jesus het geweet wie Hom sou verraai, en daarom het Hy gesê: “Julle is nie almal skoon nie.” Toe Hy hulle voete klaar gewas het en weer sy boklere aangetrek en aangeleun het om te eet, sê Hy vir hulle: “Verstaan julle wat Ek vir julle gedoen het? Julle noem my Meester en Here, en julle sê dit tereg, want Ek is dit. As Ek, julle Here en Leermeester, dan julle voete gewas het, behoort julle ook mekaar se voete te was. Ek het immers vir julle 'n voorbeeld gegee sodat julle ook kan maak soos wat Ek gemaak het. Amen, amen, Ek sê vir julle: 'n Slaaf is nie belangriker as sy eienaar nie, en 'n gesant nie belangriker as die een wat hom gestuur het nie. As julle dit begryp, gelukkig is julle as julle dit doen.
Lees Johannes 13
Deel
Vergelyk alle weergawes: Johannes 13:3-17
5 Dae
Laat jy toe dat jou gebrek aan outoriteit jou verlam? Een van die grootste mites van leierskap is dat jy in beheer moet wees om te kan lei. Goeie leiers koop dit nie. Goeie leiers lei met of sonder outoriteit en leer om hulle invloed los te laat waar hulle ookal kom.
6 Days
We all have a common denominator. We will die. I will die. You will die. Death will defeat you. You won’t be able to dodge it, sidestep it, trick it or make it disappear. But then there is Jesus, the man who defeated the grave. Jesus stood toe to toe with the grave and defeated death. When Jesus talks, the grave speaks.
7 Days
Too many of us walk through life feeling as if we don't measure up. We always seem to thirst for more. We think if we could only work harder or be better, we could be enough. But the truth is, we will never be enough. And thankfully, we don't have to be. In Proven, Jennie Allen walks through the Book of John to demonstrate how only Jesus is enough.
10 Days
Let’s slow down this Holy Week and learn from Christ’s final days on earth. Each day we will receive lessons or gifts that He took the time to give. Do you need a fresh reminder of what mattered most to Christ—that you love His people and follow Him? What could He want to teach you this Holy Week?
Stoor verse, lees vanlyn, kyk na onderrigsnitte, en meer!
Tuisblad
Bybel
Leesplanne
Video's