Jesaja 45:17-18

Jesaja 45:17-18 AFR20

Israel word verlos deur die HERE – 'n verlossing vir alle tye. Hulle sal nie beskaamd staan nie, en nie verneder word nie – tot in alle ewigheid. Ja, so sê die HERE wat die hemel geskep het – Hy is God – wat die aarde gevorm en dit gemaak het – Hy het dit gevestig – nie as 'n onherbergsame plek het Hy dit geskep nie, maar om bewoon te word, het Hy dit gevorm: “Ek is die HERE, en daar is geen ander nie.

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid